Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Tipiese Karoo - mens het baie meer tyd nodig want daar is té veel om te ontdek."
"Die dorp het 'n ryk historiese erfenis met 'n hele aantal tipiese Karoo-huise wat ten alle koste bewaar moet word. Sedert ons vorige besoek in 2008 het die dorp ietwat agteruit gegaan en lyk van die ou geboue meer bouvallig. Wat het van die Teater geword en is die ou hotel nog in gebruik? Die St John the Evangelist kerk gaan agteruit en moet dringend aandag kry. Bewaar die argitektoniese erfenis en moenie toelaat dat die dorp verwaarloos word nie! "
"Glasstukke op die toegang tot die strand. Fantastiese omgewing om in te ontspan."
"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."
"Kamieskroon is 'n klein plaasdorpie met ongelooflike vriendelike mense. "
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd."
"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."