Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2330 resensies.
"Nie regtig 'n toeristebestemming nie, maar 'n lekker afstand van Vleesbaai/Mosselbaai area tot Hopetown."
"Such a lovely little town and breakfast at Die Vetmuis Plaaskombuis was a winner! Pity we arrived too late to have dinner there."
"Richmond is maar ;n klein dorpie, maar daar is darem genoeg winkels en eetplekke vir die oornagbesoeker."
"Sover ons kon sien, is daar net 'n gedeelte van die dorp wat netjies onderhou is. Gee nie 'n baie goeie indruk nie, maar voel nie onveilig nie."
"Ek het Richmond nogal as 'n stil en verlate plekkie ervaar. Die kerkgebou is besonders en trek dadelik aandag."
"Rustige klein dorpie - ideaal as jy wil afskakel. Internetopvangs is sporadies. Uilhuis is die groot toeriste aantreklikheid - baie interessant. Paar klein eetplekkies en ook die brouery wat boetiekbier en 'n lekker kaasbord bedien."
"Die dorp is redelik netjies, maar die verval is maar sigbaar. Covid het waarskynlik 'n rol gespeel met heelwat minder reisigers wat hier oorgeslaap het."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Dit is ons 8ste keer op Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste keer nie. Dit is verblydend om te sien dat die juweel van 'n dorpie steeds van krag tot krag gaan."
"'n Juweel van 'n dorpie wat versteek is tussen die berge. Baie rustige atmosfeer. Nog nooit die Karoo so groen gesien nie!"
"Interessante geskiedenis en mooi gerestoureerde huise en teater. Ongelukkig soos meeste dorpe in die land word die infrastruktuur swak onderhou."
"Vosburg is a delightful surprise - it is clean and tidy, peaceful, beautiful big trees provide shade. The people are very friendly - even the sheep and dogs! Didn't have a chance to visit the pub as it was closed, but was keen to meet more locals."
"Die dorpie is bitter mooi en die restuarante lekkerder as lekker. Ek sal weer daar gaan kuier."
"Vanderkloof is 'n mooi dorpie. Ek was verbaas met hoe skoon die dorp is en die dam is 'n moet-sien. "
"Lovely butchery. Didn't have time to explore further. Easy to drive past Richmond, but think it may be have some hidden treats."