Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Gansbaai is a lovely rural seaside village with friendly people. I loved the old book store in the SPAR centre, and of course, the antique shop in the main road is a must!"
"Sal weer en weer gaan - pragtige ou hotel, netjies skoon en vriendelike diens."
"Ongelooflike dorpie en omgewing. Jy mis uit as jy nie hierdie area besoek as deel van jou Kaap-vakansie nie. "
"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."
"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."
"As jy inkopies wil doen is die Garden Route Mall net die plek. Baie parkering en genoeg winkels om van te kies."
"Stil plekkie waar rustige natuurskoon belangriker is as restaurante en inkopiesentrums. Alegria en De Palms is puik restaurante in die omgewing. "
"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "
"Die dorpie, soos baie ander in Suid-Afrika, is baie verwaarloos, maar daar is baie potensiaal."
"Gaan besoek die Kango-grotte, doen die avontuurtoer en eet 'n volstruiseier vir ontbyt en kyk die sonsondergang in die swembad met 'n duur bottel wyn."
"Oudtshoorn is worth travelling to with a family, friends or partner. It is filled with plenty of activities for the fit and unfit. I especially enjoyed the camel rides, the friendly people of the area and the fantastic mountain views from the road, especially the Swartberg Pass!"
"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"