Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Newlands is a beautiful place, it is peaceful, close to Kenilworth, Claremont and Rondebosch. "
"'n Oulike dorpie met pragtige mark, vriendelike mense en 'n lekker atmosfeer."
"Heatherlands self is meer `n woonbuurt, maar jy kan maklik van daar af na enige plek in George gaan."
"Swellendam is 'n tipiese plattelandse dorpie met baie eetplekke nie te ver van twee natuurreservate en die see. "
"Naby aan die minder bekende indrukwekkende fossiel park ('n moet besoek) naby Saldhana. Gerieflike winkels en koffie shops naby die huis. 'n Klipgooi van Paternoster (duur) en heelwat snuistery en ander winkeltjies."
"Wonderlike eetplekke, pragtige, skoon dorp met vriendelike mense, hoop ons het volgende keer meer tyd om die plek te verken."
"Ontwikkeling is groot, daar is baie potensiaal vir nuwe vakansiehuise en oorde."
"Pragtige plek. Lyk soos 'n Griekse eiland met die wit huise. Baie netjiese, goed versorgde tuine."
"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "
"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."
"Regte ligging vir rustigheid, maar tog ook baie naby Hermanus vir besigheid en restaurante om na uit te wyk. "
"Cederberg is a beautiful area and well worth a visit, in our case many visits. Every time we go there is something else to see and experience. "
"Saturday morning market not to be missed. Visit Mr Kaai for delicious fresh fish (check open hours)."