Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.58 uit 5 gekry volgens 39777 resensies.
. - 6th July 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Kleimond is 'n baie gepaste dorpie naby die see vir toeriste wat wil wegbeweeg van die bedrywige stadslewe, daar is baie mooi staproetes en dit is veilig.
. - 6th July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn bied baie vir die besoeker, baie besienswaardighede binne bereik.
. - 6th July 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Baie lekker restaurante en kuierplekkies.
. - 6th July 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!
. - 6th July 2015
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Pragtig.
. - 5th July 2015
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land.
. - 5th July 2015
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
Pragtige woonbuurt waar mens veilig voel.
. - 4th July 2015
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Rustige omgewing waar 'n mens kan ontspan.
. - 4th July 2015
staying in Milnerton, Wes-Kaap
Sentraal geleë met pragtige uitsig oor die baai en berg sonder die sameloop van te veel mense.
. - 4th July 2015
staying in Worcester, Wes-Kaap
Sal langer wil bly volgende keer.
. - 3rd July 2015
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Nie genoeg vir kinders om te doen nie al is daar strande. 'n Lekker warm swembad in die winter sou lekker gewees het soos by Club Mykonos maar dit is net vir members only.
. - 3rd July 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
See you next time!
. - 3rd July 2015
staying in Strand, Wes-Kaap
Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld.
. - 3rd July 2015
staying in Weskus, Wes-Kaap
Die rustigheid van die plek is wat mens benodig as jy met vakansie gaan.
. - 3rd July 2015
staying in Kaapse Wynlande, Wes-Kaap
Excellent route to travel, I always enjoy it.
. - 3rd July 2015
staying in Die Galg, Wes-Kaap
Piekfyn en gesellig, mooi.
. - 2nd July 2015
staying in George, Wes-Kaap
George is 'n dorp waar jy die gevoel kry dat die infrastruktuur onderhou word. Hier is mense aan stuur wat omgee. Alles is skoon, daar is orde en die mense is vriendelik en gasvry.
. - 2nd July 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Mooi dorpie. Mens kan sien die inwoners is trots op hulle erfenis.
. - 2nd July 2015
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Mooi, skoon en gasvry met heerlike eetplekke, besienswaardighede en 'n wynkelder.
. - 2nd July 2015
staying in Heidelberg, Wes-Kaap
Baie lekker biltong in Heidelberg; pragtige omgewing!
. - 2nd July 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai.
. - 2nd July 2015
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Melkbosstrand is a good place to stay.
. - 2nd July 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
We loved Montagu. There was too much to do and see in one weekend. We'll definitely be returning for more.
. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Vir 'n natuurliefhebber is daar soveel om te doen - ons was by die Rus en Vrede-waterval, die Meiringspoortwaterval, die Raubenheimerdam, Swartbergpas, die Cango Wildlife ranch, De Rust en die beste van alles, die Magical Red hills van die omgewing.
. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Dis 'n baie mooi area, sal weer binnekort besoek.
. - 2nd July 2015
staying in Strand, Wes-Kaap
Ideaal.
. - 2nd July 2015
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Eenvoudig heerlik!
. - 2nd July 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Mossel Bay as a destination was a pleasant surprise and offered lovely walks and restaurants etc. Very mild climate. Also very close to George and Wilderness. Would love to return.
. - 2nd July 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Beautiful buildings and a serene feel to the little town.
. - 2nd July 2015
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
The best destination ever, I hardly used the navigator because it is straight forward.
. - 2nd July 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie mooier as Gauteng waarvandaan ons kom.
. - 2nd July 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
Pragtige en rustige dorp.
. - 2nd July 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek.
. - 1st July 2015
staying in Britannica Heights, Wes-Kaap
Dit bied rustigheid met al die kleinhoewes, geen verkeer en die ongelooflike uitsig van alle kante. Dit is naby alle fasiliteite.
. - 30th June 2015
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Baie lekker vakansieplek.
. - 30th June 2015
staying in Belvidere, Wes-Kaap
Lovely, quiet place!
. - 30th June 2015
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Fantastiese ligging in ou historiese gebou.
. - 30th June 2015
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
Verkies om in die omgewing te bly weens die uitsig, ligging en verkeer.
. - 30th June 2015
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Ligging van oord is nie net wonderlike Houtbaai nie, maar ook naby genoeg vir alle besienswaardighede in die Kaap. 30 minute van lughawe af, 20 min van Kaapstad af.
. - 30th June 2015
staying in Table View, Wes-Kaap
Stil omgewing. Bayside Mall op jou drumpel.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]