Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2370 reviews.
"The streets are not well-lit and we couldn't see if there were any directions shown to the guest house. Had to really drive slowly as the street was dark."
"'n Pragtige klein dorpie waar jy rus vir jou siel kan vind. Genoeg om te doen indien jy net besig wil bly: natuurlik die Uilhuis, 'n moet om te besoek. Stap deur die stofstrate. Lekker restaurante, bierbrouery, boekwinkel, fossielroete, lekker baie grondpaaie buite die dorp vir fietsry en stap. Sementreplikas van die Uilhuisbeelde wat deur die plaaslike entrepreneurs gemaak en verkoop word (agter die Uilhuis, langs die rivier)."
"Werklik 'n unieke plekkie, en dit as gevolg van een vrou se kunssinnigheid. Dit voel soos 'n ander land, met 'n rustige pas en vriendelike mense."
"Oornagting op 'n Karoo-plaas is verfrissend en verander die lang rit van Gauteng na die Kaap in 'n besonderse ervaring en belewenis."
"Mooi dorpie. Die pad na die plek is net baie lelik, veral met 'n karavaan."
"Mens maak 'n fout om net verby te ry op pad Kaap toe, dis 'n pragtige dorpie en verdien 'n besoek."
"Nieu-Bethesda is an interesting place, especially the visit to the Owl House and a few years we went with a guide down to the river to see the fossils. We only had time to visit the owl house this time. I must say the dinner we had at Furrows Lodge was really great."
"Geniet die ou geboue, neem baie foto's en beleef Karoo-weelde uit 'n vorige eeu. Die kerkgebou is pragtig en vir 'n verkenner is daar baie om te sien, fluisterstemme van die verlede om te luister en ongelooflike draai in tyd in baie Karoo-vrede. Vars lug en verkwikte wakkerword-ervaring om die langpad verder aan te durf!"