Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2370 reviews.
"Terwyl daar 'n groot tekort was aan oulike eet- of drinkplekkies in die dorp, is dit verstaanbaar as gevolg van die min voete. Die mense self was ongelooflik gesellig, met 'n baie oulike boekwinkeltjie en 'n antiekwinkeltjie wat skrik vir niks."
"Was 'n belewenis. Baie besienswaardighede. Loopafstand van alles. Lekker restaurante. Oom David se donkiekarrit is 'n moet. Hy is 'n dinamiese mens met baie kennis van die dorpie en sy inwoners. Vriendelike mense. Baie veilig. Daar kan mens nog laataand in die strate loop. Sal definitief weer besoek."
"Ons geniet dit om by die kleindorpies oor te bly wat vergete geraak het. Baie lekker biltong en lamtjops by die deli gekoop."
"Police should have more control at eateries on a Saturday afternoon and evening to do something about the street children."
"Die dorpie self is baie verarm, maar is stadig maar seker weer besig met 'n oplewing. Die Transkaroo Hotel bedien heerlike ontbyte aan wat ons verslind het en daar is allerhande tuisgemaakte snuisterye en handewerk wat die mense van die gemeensskap in die eetsaal verkoop. Stop gerus daar, daar is pragtige ou geboue, 'n fotograaf se droom, en hoe meer toeriste weer hierlangs ry, hoe vinniger kan die dorpie weer op sy voete kom. Ry die N12, dis regtig die moeite werd."
"Rustigheid is die wagwoord! Pragtige skoon Karoodorpie met vriendelike mense."
"Great dam village with access to boat trips, fishing and boating in general - very quiet end of the Great Karoo, lovely spot to visit."
"Interesting little place, enjoyed mixing with locals at the restaurant and pub. "
"Goeie wegbreek van al die geraas. Werklik 'n plek as jy net wil rustig wees. Pause and reflect!"
"Goeie ligging vir oorslaap, twee of drie aande vir reisigers wat met vakansie is tot kontrakteurs wat 'n blyplek nodig het."
"Britstown is not really a destination, more a stop-over on the way to your destination."
"Die Uilhuis is baie mooi opgeknap. Ek was 4 jaar terug daar voor dit opgeknap is. Netjiese dorpie. Besoekers kan gerus al die besienswaardighede besoek. Neem kennis dat die pad nader aan Graaff-Reinet toe is a.g.v. padwerke. Die alternatiewe grondpadroete is goed as dit rustig gery word."