Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"My fourth visit in 7 years - just cant get enough of the area and people. Such a wonderful place."
"Daar was minder oorspronklike kuns as wat ek verwag het, en heelwat prulwerk. Golden Gate park werd om te besoek."
"Dis voorwaar ’n juweel in die land van ons. As jy eers een keer jouself toegelaat het om daar te ontspan, is jou siel deel van daai mooi omgewing."
"Clarens bied 'n fantastiese kombinasie van baie verskillende aktiwiteite, heerlike klein restaurante, oulike winkels, ongelooflike natuurskoon en baie vriendelike inwoners. Ek sou dit veral aanbeveel vir besoekers wat in die week daarheen kan gaan indien jy 'n besige dorpie oor naweke wil vermy."
"Baie oulike toeriste dorp, pryse in winkels redelik hoog, hulle mik vir oorsese toeriste. Baie om te sien in die dorp en rondom."
"Die kliëntediens is baie swak in Clarens en geen eetplekke is na 7 in die aande oop nie. Die natuur is pragtig."
"Hier kan jy regtig wegkom van alles en in die natuur ontspan en rus."
"Clarens is great - they should stop the modernization and keep the town's caracter as it is - we have noticed a few modern buildings and changes which is disappointing."
"Clarens is pragtig soos altyd en bied soveel meer om te doen as om net deur die dorpie self te stap. Doen by toerisme inligting aan en doen jouself 'n guns om 'n bestekopname te maak van al die ander aktiwiteite wat die streek bied."
"Almal moet minstens een keer Clarens beleef."
"Die infrastruktuur rondom die plein kort bietjie opknapping (paaie), maar anders as dit nie veel anders nie. Dis 'n geskiedkundige dorpie. Die staproetes by CVC is ook baie goed onderhou en natuurskoon daar is 10/10. Clarens is nie net oor eetplekke, kunsplekke en geskenk winkeltjies nie."