Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3169 resensies.
"Dis 'n plek vir enige historikus wat nostalgie op die hart dra by ou plekkies van toeka se dae, vol karakter."
"Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!"
"Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer."
"Sunbird is perfek geleë indien jy iemand in die hospitaal het, jy kan letterlik stap as jy sou wou."
"Was nogal intimiderend as 'n mens by die hotel uitry en mense sit die omliggende area aan die buitekant vol op soek na werk."
"Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek. "
"Hatfield is baie goed geleë met groot besighede en publieke vervoer baie naby die sentrale sakekern."
"Central. Quickly accessible from highways. Close to Sandton Melville and Wits and St Johns School."
"Sunward Park is middle to upper residential area. Not really a business accommodation centre."
"Die plek ontwikkel nog, maar is glad nie sleg nie. Bietjie verwarrend vir die eerste keer besoeker aangesien dit nie heeltemal soos meeste ander parke bedryf word nie. So ver die selfbestuur wild kyk gaan, maak seker jy kry jou permit en kaart by die ingang (die kaart is wonderlik, jy gaan hom nodig hê) en betaal sommer jou natuurbewaringsfooi terselfdertyd. Die paaie is darem goed onderhou en aangedui op die kaart, jy gaan ure in die bos kan spandeer. Maar dis 'n baie lekker wegbreek as jy eers verstaan hoe dinge werk en die diere begin sien en die bos begin waardeer!"