Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11278 resensies.
"Wees voorbereid van Graaff-Reinet se weerskommelinge en maak seker jou oornagplek is met lugreëling toegerus. Dis 'n skoon dorpie vele besienswaardighede."
"Die mooiste dorpie en baie komplimente oor hoe skoon en netjies die dorpie is. Mense vriendelik en lekker eetplekke."
"Die pragtigste mees versorgde en geskiedkundige dorp in die land. Karoo op sy beste!"
"Ek sal toeriste aanbeveel om van gastehuise of Gariepdam se akkommodasie gebruik te maak, maar beslis nie N1 Gariep Chalets nie."
"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."
"Beslis die moeite werd om daar te stop en om 'n bietjie deur die dorp te loop."
"Ons het 6 uur die oggend vertrek uit Beaufort-Wes op pad na Kaapstad op Saterdag die 15de Desember, blykbaar die besigste naweek van die jaar. Daar was ‘n tou voertuie van ongeveer 5 km buite die dorp op pad Noordwaarts. ‘n Tydelike verbypad sal dalk help om frustrasie te verminder. Dit maak die dorp ‘n goeie oornagplek."
"Very little to do on actual town. Overnight stop between Jhb and Cape Town perfect."
"Die Bush pub se kos en diens was 'n wow factor. Die lekkerste en pragtige uitsig by die rivier."
"Die N12 is 'n stil roete en Victoria-Wes het 'n spesiale klein dorpie bekoring."
"Pragtig (net droog en warm!). Mokala Park is 'n lushof met al die baie verskillende bok-spesies. Ons het die paar dae baie geniet."
"Maar soos alle SA dorpies...sukkel met die waaiende plastieksakke. Andersins 'n baie vriendelike dorp."
"'n Stil, rustige en skoon dorpie. Gestap en fietsgery in stil, boomryke strate. Heerlik kondensmelk koffie geniet en gesels by Erika se koffiewinkel en lekker ontbyt by Die Ketel. Absoluut die moeite werd om te besoek!"
"Ons sal graag weer wil teruggaan om hierdie netjiese, skoon dorpie beter te leer ken. Dit hou beslis die belofte in van 'n skatkis propvol geskiedenis, stories en dinge om te weet en te doen."