Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1875 resensies.
"Op die dorp self is daar geen opgesmuktheid nie; dus as jy 'n plaasmens is, sal jy dit geniet. 'n Besoek aan die M=mall sal jou verras."
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Definitief 'n plek wat die moeite werd is om te besoek. 'n Naweek is te kort vir al die besienswaardighede."
"Doen huiswerk voor jy Montagu toe kom. Het bietjie gesukkel om 'n oop restaurant 3 uur te kry. Meeste maak 6 uur oop. Het darem lekker geëet by Die Boord. Vriendelike personeel, kos heerlik."
"Ons harte is seer oor die verskriklike droogte! Ons kuier altyd lekker daar. Hulle het wonderlike restaurante."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"Was beïndruk met die netheid van die dorp en hoe die geboue netjies en in 'n goeie toestand is."
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"
"Mooi omgewing en vriendelike mense. Lekker gedroogde vrugte. Die lekkerste pannekoek met hoenderlewer geëet by Die Kloof Padstal. Kan dit aanbeveel."
"Oudtshoorn is 'n pragtige toeristebestemming met vriendelike innemende inwoners. "
"So much to do and see, just look at the amount of visitors it attracts from all over the world. "
"Oudtshoorn bied baie besienswaardighede en sal aan almal se behoeftes voorsien. "
"We were pleasantly surprised with the number and quality of restaurants! As well as the various activities in and around the town!"
"Daar is so baie in die Klein Karoo om te doen met families asook soos ons met klomp klein kindertjies. Dit bly 'n great bestemming elke keer."