Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Lowveld

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lowveld bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1157 resensies.

Tzaneen, Laeveld

Fairview Hotels, Spa & Golf Resort

"Het in Tzaneen gebly vanaf 1995 tot 2000 en was geweldig geskok oor die agteruitgang van die dorp asook die dorp Duivelskloof, en ander toeriste aantreklikhede, soos Kingswalden, die damwal, Minitzanie, Coach House, Magoebaskloof Hotel, die kaasmakery, Duivelskloof begraafplaas, ens. Net Duivelskloof Laerskool is 'n oase en mens kan duidelik sien dat sommige mense darem omgee vir hul tuiste en omgewing. Ons moet ook net noem dat ons paar draaie in die berge bokant Duivelskloof en Tzaneen asook Agatha gery het en dat die plase wat ons besoek het weereens 'n plesier is om na te kyk."

Tzaneen, Laeveld

Christie's Inn

"Wonderlike weer, goeie ligging."

Tzaneen, Laeveld

Die Stoep

"Baie mooi wêreld!"

Hoedspruit, Laeveld

Off Beat Bush Lodge

"Hoedspruit self het ons nie 'n probleem nie. Dis 'n pragtige dorp en baie mooi plekke om heen te ry en ontspan. Sal weer Hoedspruit toe gaan, maar ek sal die slaapplek beter beplan."

Tzaneen, Laeveld

Magoebaskloof Ruskamp The Mountain Lodge

"Baie om te sien en doen in Magoebaskloof omgewing. "

Tzaneen, Laeveld

Die Stoep

"Magoebaskloof en Haenertsburg 'n klipgooi ver."

Hoedspruit, Laeveld

Mawusi Bush Lodge

"Hoedspruit is een van my gunsteling bestemmings! Met die Kruger Wildtuin sowat 'n halfuur se ry weg, die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum, vakansieoorde soos Swadini en die asemrowende Blydepoort Vallei net om die draai, bied dit alles vir die natuurliefhebber, avonturier en sommer net diegene wat opsoek is na die bosveld se rustigheid."

Tzaneen, Laeveld

Letaba River Lodge

"Omgewing is die moeite werd, pragtige natuurskoon."

Phalaborwa, Laeveld

A Traveller's Palm

"Die paaie in die dorp is in 'n baie swak toestand met potholes orals. "

Haenertsburg, Laeveld

Stanford Lake Lodge

"Beautiful little town with lots of nice places to stay and eat!"

Tzaneen, Laeveld

Featherbrook Cottage

"Ons was wel op sakereis, maar Tzaneen is 'n pragtige plek en kan gerus besoek word."

Phalaborwa, Laeveld

Casa Leitao Lodge

"Ons het laat die aand daar aangekom, en is vroegoggend weer weg, het nie veel van Phalaborwa te siene gekry nie. Die mense by die vulstasie was egter baie vriendelik. "

Tzaneen, Laeveld

Tarentilos Country Venue

"Geen reis elke 2de week."

Haenertsburg, Laeveld

Yellow Wood

"Baie rustige dorpie, teveel om te doen net vir 'n naweek, sal weer terug gaan maar vir 'n week."

Haenertsburg, Laeveld

Woodcutters Guest House

"'n Heerlike bestemming vir 'n naweek wegbreek om rustig te wees, tyd saam met gesin te spandeer, fietsry, birding, visvang, hiking ens."

Phalaborwa, Laeveld

A Traveller's Palm

"Die dorp is besig om vervalle te raak. Dit lyk nie vir my of daar enige onderhoud meer gedoen word nie."

Phalaborwa, Laeveld

Sunbird Lodge

"High crime area. "

Haenertsburg, Laeveld

Viewpoint Guesthouse

"Haenertsburg is 'n pragtige dorpie met die mooiste tuine. 'n Ideale plek om herinneringe bymekaar te maak."

Tzaneen, Laeveld

Die Stoep

"Fantastiese natuurskoon."

Haenertsburg, Laeveld

Homeindahills

"Pragtige dorpie met wonderlike mense, ons het regtig baie lekker gebly."

Phalaborwa, Laeveld

Impala Chalets - Phalaborwa

"Phalaborwa is a great little place to visit if travelling to and from the Kruger National Park."

Phalaborwa, Laeveld

Lalamo Guest House

"Very convenient location to stopover before entering or exiting the KNP."

Tzaneen, Laeveld

Tarentilos Country Venue

"Pragtige plek om vakansie te hou of te oornag."

Tzaneen, Laeveld

Tarentilos Country Venue

"Tzaneen is 'n mooi skoon dorp maar ons kon geen mall kry om te besoek nie en daar is nie baie restaurant om van te kies nie."

Haenertsburg, Laeveld

House of Art

"Pragtige dorpie geleë in asemrowende vallei, met verskeie aktiwiteite en restaurante! Sal sterk aan beveel!"

Blad
Blad 26 - Wys 751 tot 780
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem