Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.

Upington, Noord-Kaap

The Cape Lodge

"N14-roete deur die dorp swak aangedui."

Colesberg, Noord-Kaap

De Vuur Gastehuis

"Besoek die Plattelander! Heerlike kos."

Springbok, Noord-Kaap

Krymekaar Cottage

"Ongelukkig nie die tipe dorp waar ek sal aftree nie, maar die omliggende natuurgebiede rondom maak op waar die dorp tekort skiet."

Douglas, Noord-Kaap

La Rose Guesthouse

"Oulike omgewing met die besonderse mooi plase rondom en natuurlik die riviere."

Calvinia, Noord-Kaap

Klipwerf Gastehuis

"Lekker, plattelandse, skoon dorpie. Oulike eetplek, The Karoo Shack."

Britstown, Noord-Kaap

Mirage Toeriste Kamers

"Sadly like all towns on route, it's not maintained due to lack of passing trade of years gone by."

Upington, Noord-Kaap

Desert Palace Hotel

"Dis vêr, maar die groenigheid wat die Oranjerivier bied maak die plek ’n baie aantreklike toeristebestemming."

Hartswater, Noord-Kaap

Charis Guest House

"’n Plek wat sigbaar verval. My vrou se moeder is in die begraafplaas begrawe maar mens kan nie daar inkom nie, weens die vervuiling en uiters swak paaie."

Kakamas, Noord-Kaap

Twee Palms Selfsorg Woonstelle

"Die wynplase in die omgewing is definitief 'n ja!"

Kathu, Noord-Kaap

RustHuis

"Mooiste Kameeldorings!"

Hanover, Noord-Kaap

3 Darling Street Guest House

"Die plekkie is vol stories, maar die gebrek aan veiligheid van die eiendom maak dit onaangenaam."

Carnarvon, Noord-Kaap

Joosteswerwe Guest Farm

"Carnavon het 'n heerlike restaurant, Lord's Kitchen, wat van 16h00/17h00 af oop is (hang af wat die dag is wat jy besoek). Alle ander winkels maak 17h00 toe, dus moet jy seker maak jy het alles wat jy nodig het vroegtydig. Daar is nie goeie selfoonseine nie, dus, as jy van alles af wil wegkom, is dit die ideale plek."

Keimoes, Noord-Kaap

Elim Gastehuis

"Ons sou graag die padstalle wou besoek wat ongelukkig Sondag gesluit was."

Upington, Noord-Kaap

Kalahari Lion's Rest

"Besige plek met vriendelike mense!"

Augrabies, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Dit is 'n oulike, plattelandse dorpie - iets wat ons hier in die stede mis."

Colesberg, Noord-Kaap

Honeylocust Guest House

"As iemand Colesberg besoek, gaan eet gerus by die Plattelander!"

Williston, Noord-Kaap

Williston @ 21

"Ons het verby 'n baie gesellige restourant gery op pad na die gastehuis. Jammer ons het nie tyd gehad om daar saam te eet en kuier nie. Ons het uitgemis. Dis sulke goed wat mens die karakter van die dorp en sy mense laat mis. Ons sal beter beplan volgende keer."

Britstown, Noord-Kaap

Elsa's @ 27

"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Victoria-Wes, soos enige klein dorpie in die Karoo, het sy bekoring, sy mense mense en natuurlik die lekkerste skaapafval by die Merino Restourant."

Kakamas, Noord-Kaap

Belvedere Gastehuis

"Die Pienk Padstal by die brug is 'n moet. Net jammer die koffiewinkel by Belvedere was reeds toe met aankoms."

Keimoes, Noord-Kaap

1150 on Bain

"'n Vriendelike dorpie omring van groen wingerde en ideaal vir 'n oorstaan op pad na die valle of Kalahari of Namibië."

Richmond, Noord-Kaap

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Goeie oornagplek, maar daar is nie veel te doen nie."

Vosburg, Noord-Kaap

Elvee Accommodation

"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."

Augrabies, Noord-Kaap

Klein Renosterkop

"Baie te doen en te sien!"

Springbok, Noord-Kaap

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Hierdie keer het ons nie die area se besienswaardighede benut nie, maar uit ondervinding weet ek dat daar heelwat te sien is. En nie noodwendig in die blommeseisoen nie!"

Blad
Blad 128 - Wys 3811 tot 3840
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang