Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3801 resensies.
Elna W. - 2nd April 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dis 'n plek om een maal in 'n mens se lewe te besoek. Die SAAO is 'n "moet" om te besoek - onthou net om voor die tyd te bespreek vir 'n toer.
Marina V. - 2nd April 2019
staying in Upington, Noord-Kaap
Die natuurskoon (wingerde) om die dorp is pragtig.
Tersia D. - 2nd April 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie gerieflik om daar oor te slaap.
Clifford K. - 2nd April 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland is net die plek as jy van stilte hou en behalwe SALT, is daar nie veel wat daar aangaan nie. As ons weer 'n draai daar kom maak sal ons definitief al ons inkopies, vleis ens. by die huis doen omrede dat daar nie veel keuse is wanneer dit kom by inkopies in Sutherland nie. Sutherland se mense is baie vriendelik en die dorp is vreeslik stil.
Tiaan B. - 1st April 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Wonderlike klein dorpie wat ek vir seker weer moet besoek. Jy weet nie wat in die dorp is tot jy rond gevra het of Jurg se sterland besoek het nie.
Andre C. - 1st April 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Mooi.
Edith M. - 1st April 2019
staying in Prieska, Noord-Kaap
Goeie oornag blyplek.
Amanda B. - 1st April 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Mal oor die dorpie.
Cornelia F. - 1st April 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Belangrike oorslaap plek as jy verder reis. Rustig, mense vriendelik en verblyf uitstekend.
Abraham . - 1st April 2019
staying in Hanover, Noord-Kaap
Pragtige kerk en 'n hele paar oulike gastehuise en restaurante. Maar die res van die dorp is baie afgeleef en lyk nie baie aangenaam nie. Hoewel daar is wonderlike bestemmings in die omgewing is.
Lize V. - 1st April 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dit was ons eerste besoek aan Sutherland - ons sal definitief weer terug gaan en eerder buite die dorp op 'n gasteplaas bly.
Clive P. - 1st April 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
We found Calvinia to be a town where you can leave your car at your accommodation and walk around. There is a museum here which is well managed and has a wealth of information and history of the local area, it well worth a visit.
Jc G. - 1st April 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die dorpie het sy eie bekoring en was uiters skoon en sy mense was almal baie vriendelik.
Lindia S. - 1st April 2019
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton is 'n baie klein gemeenskap met vriendelike mense. Wees voorbereid dat daar nie winkels is nie, die Ko-opersie en winkel is baie oulike en behulpsaam.
Nico D. - 31st March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
'n Baie interessante dorp met moontlikhede vir toeriste.
Ina V. - 31st March 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ek dink elkeen behoort iewers in hulle lewens tyd te maak om hulle aan die hemelruim te vergaap en Sutherland is net die plek om dit te doen. Gemaklike verblyf, 'n goeie restaurant net om die draai en miljoene sterre maak dit beslis 'n moet sien.
Skye C. - 31st March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
It is a very small town with a selection of shops but just what you would need for a short stay.
Hendrik V. - 30th March 2019
staying in Richmond, Noord-Kaap
Klein dorpie met baie ou geboutjies. Voel bietjie verlate soms met heelwat vervalle en onbewoonde geboue. Daar is nie baie opsies vir etes koop nie en die een aand was daar net plek waar ons kos kon kry.
Petrus M. - 30th March 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland met veral Jurg se sterrekykprogram by Sterland is 'n absolute moet!
Ilze L. - 30th March 2019
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Augrabies Watervalle so 30 - 40 km vanaf Meerkat Compound.
Werner O. - 29th March 2019
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Ons het verder na Blouputs gery om die area verder te verken. Dit was iets om te beleef.
Keith M. - 29th March 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie rustige dorpie.
Adriëtte L. - 28th March 2019
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond is 'n bekoorlike Noord-Kaapse dorpie. Dit het maar verlangsaam so dorpies in dié geweste, maar daar is genoeg om te doen en sien vir 'n middagstop.
Adriëtte L. - 28th March 2019
staying in Belgravia, Noord-Kaap
Daar is pragtige huise, maar, soos die res van Kimberley is die strate en die geboue redelik vol gate.
Daleen C. - 28th March 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Kimberley is 'n pragtige stad met alles wat jy aan kan dink, genoeg vermaak, winkelsentrum, ryk aan geskiedenis en genoeg besienswaardighede. Al wat ek gevind het wat vir my baie steurend was, was die paaie in die stad self wat veel te wense oorgelaat het.
Carin D. - 28th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
As jy hou van geskiedenis dan is Colesberg een van die plekke om te gaan rond dwaal in die verlede.
Viljé C. - 28th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Goeie halfweg stop.
Johann B. - 27th March 2019
staying in Kathu, Noord-Kaap
Sien sterre.
Sonja L. - 27th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Wonderlike oornag-plek.
Mareza J. - 27th March 2019
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Kuruman very neglected by local municipality.
Ester L. - 26th March 2019
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Ek het nie veel van die dorp gesien nie, maar die gedeelte waar ons gery het se pad was gesaai met slaggate.
Jessie L. - 26th March 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Pragtige dorp!
Michelle S. - 26th March 2019
staying in Van Zylsrus, Noord-Kaap
Daar is net geen Vodacom sein nie! Sal help as Vodacom 'n toring daar kan opsit. Maar was ook lekker om bietjie afgesny te word van die wêreld.
Johan S. - 25th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Mooi plattelandse dorp met interessante historiese feite.
Johan S. - 25th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Rustige plattelandse dorp met baie historiese interessanthede.
Wilma V. - 25th March 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Oulike plekkie en lekker vir oornag op die lang pad. Sal definitief weer daar oornag.
Francois J. - 25th March 2019
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Hopetown is perfek geleë tussen Johannesburg en Oudtshoorn om die lang tog in 2 te breek. Ons sal vir seker weer daar oorstop.
Hanno B. - 25th March 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Mooi dorp met baie toeriste-aantreklikhede.
Lize V. - 25th March 2019
staying in Loxton, Noord-Kaap
Klein juweel in die Karoo.
Ignatuis G. - 25th March 2019
staying in Kathu, Noord-Kaap
Sal graag weer wil terug keer na die omgewing.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za