Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.

Springbok, Noord-Kaap

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Springbok is 'n tipiese plattelandse dorpie waar alles Saterdagmiddag rondom middagete toemaak, so maak seker dat jy alles klaar gekoop het wat jy dalk benodig voor middagete. Almal weet dis 'n lekker bestemming waarvandag mens vroeg-oggend tot in Windhoek kan ry, maar wie sou ooit kon dink watter fantastiese bestemming dit is om die blomme in Namakwaland te geniet? Ons het Springbok baie geniet en sal beslis weer gaan kuier!"

Colesberg, Noord-Kaap

Toverberg Guest Houses

"Wonderlike dorpie. Interessant, skoon en vriendelik."

Springbok, Noord-Kaap

Chef's @ 6 Selfsorg Eenhede

"Sal sommer daar wil gaan aftree!"

Calvinia, Noord-Kaap

Rebunie Self-catering

"Soos baie plattelandse dorpies is daar maar agteruitgang. Ek was al 4 keer daar die afgelope 21 jaar. "

Hanover, Noord-Kaap

Karoo Uitsig

"Die probleem met motorfietstoer is dat jy beperk is met die hoeveelheid voorrade en gerief wat jy kan inpak. So jy word gedwing om alles te koop in die dorp sodra jy daar aankom. Besigheidseienaars kan gerus besef dat motorfietsgroepe die grootste inspuiting vir die dorp is, want ons kan nie vol koelbokse saamry nie. Alles moet gekoop word. En ons was baie beperk met winkels om vleis en hout en happies te koop. Hanover is verlate meeste van die tyd, maar dit was gepas vir ons op hierdie geleentheid. Die beste deel van Hanover is die stil strate en die kerkklok. Anders is daar nie veel om van te vertel nie."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Oudeklip Gastehuis

"Ons het ’n inligtingkantoor gesoek."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Lekker lê Selfsorg

"Nieuwoudtville bied baie aan 'n toeris, selfs buite die blomseisoen. Papkuilsfontein is beslis ons volgende oorslaapplek. Die Matjiesfonteinpadstal was 'n absolute verrassing en het my teruggeneem in tyd - Sout van die aarde-mense wat dit bedryf. Die roete via die waterval en kokerboomwoud was beslis die moeite werd. My man en seun het dit per fiets gedoen!"

Kimberley, Noord-Kaap

Hadida Guest House

"Vuil en paaie is in 'n uiters slegte toestand!"

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Die beste halfweg stop."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Soutpan Safarikamp Port Nolloth

"It is more an overnight place or base camp for traveling in the area."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Richtersveld Experience Lodge

"Vriendelike mense, heerlike resturante en wegneem-winkeltjies. Sal baie beslis weer Port Nolloth besoek vir 'n langer tydperk."

Hanover, Noord-Kaap

Boutique Guesthouse Hanover

"Hanover is 'n pragtige dorpie, ou huisies wat jou met nostalgie verwelkom. Dit is nie 'n toeristebestemming nie, maar 'n heerlike oornag dorpie vir reisigers."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Kingwill's Guest House

"Daar is baie bedelaars waar mens ook al stop in die dorp."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Do not get stuck in Colesberg on a Sunday. Ideal as an overnight stay."

Upington, Noord-Kaap

Das Dunen

"'n Wow dorpie met vriendelike mensie in die dorpie self, veral die mense by die Protea Hotel. "

Springbok, Noord-Kaap

Liefland Cottages

"Uitstekend geleë as basis om die Namakwaland te besoek, asook as oornagplek voor Namibië se grens."

Augrabies, Noord-Kaap

Dundi Lodge

"Dit is 'n moet-sien."

Colesberg, Noord-Kaap

Anhuis

"Ken nie genoeg van Colesberg nie, maar die restaurant was goed."

Upington, Noord-Kaap

ChriZelo Self-Catering Overnight Units

"Al die moderne geriewe is in Upington. Sonskerm, hoed en ordenlike sonbrille as jy nie son en hitte gewoond is nie."

Calvinia, Noord-Kaap

Die Blou Nartjie

"The scenery is fabulous. Makes a convenient layover on trips between Cape Town and the far Northern Cape."

Richmond, Noord-Kaap

Be Blessed Selfcatering

"Pragtige plattelandse Karoo-dorp."

Keimoes, Noord-Kaap

La Palma Lodge

"Mooi met die rivier as agtergrond."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Improve the signage to Namaqualand National Park."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Victoria's Pride

"Klein dorpies het almal hulle eie bekoring. Die mense is vriendelik en help graag."

Vosburg, Noord-Kaap

Môrestêr Selfsorg Gastehuis

"Hiér is dit nog stil, en het mense tyd vir mekaar en verbygangers. Pragtigste skoon klein dorpie, baie goed onderhou."

Kleinsee, Noord-Kaap

Kleinzee Cottage

"'n Toeristebestemming wat dalk nie genoeg besoek word nie, aangesien die grondpad soontoe (40 km) dalk besoekers afskrik. Maar glo my, die pad vanaf Springbok oor Spektakelpas is baie besonders. Moet dit nie mis in die blommetyd nie!"

Hanover, Noord-Kaap

Boutique Guesthouse Hanover

"Oulike, klein dorpie. Perfekte halfpad-stop vir die rit af Kaap toe of op Gauteng toe."

Hopetown, Noord-Kaap

Thorn Ikhaya Guest House

"Dit is die perfekte halfpad-stop as jy van Gauteng/Limpopo moet Kaap toe reis."

Blad
Blad 143 - Wys 4261 tot 4290
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem