Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Hester F. - 17th January 2018
staying in Riversdal, Tuinroete
Daar is wel nie baie te doen vir die stadsjapies nie, maar die ou tronk is besonders en daar is baie ander interessante eetplekkies en winkeltjies waardeur mens kan snuffel. Dit is sentraal tussen die berg en die see, en bied ook baie buitelugaktiwiteite in die omgewing.
Helena K. - 17th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker vakansieplek.
Kariema W. - 16th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker plek vir 'n kort vakansie.
Anton R. - 16th January 2018
staying in Upper Old Place, Tuinroete
Te veel om te doen en te min tyd! Knysna en die omliggende omgewing bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede vir oud en jonk.
Anton R. - 16th January 2018
staying in Die Crags, Tuinroete
Besoeke aan Monkeyland, Birds of Eden en Tokani ('n rehabilitasiesentrum vir leeus, tiere, luiperds, ens) behoort op jou emmerskoplysie te wees. Langer verblyf sal besoekers toelaat om nog vele meer te kan doen.
Ina V. - 16th January 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Was aangenaam verras dat dit steeds relatief rustig was in die besigste tyd van die vakansieseisoen. Verkeersbeamptes is gereeld aan diens by punte waar dit besig is met al die toeriste. In geheel is dit 'n lekker vakansieplek vir oud en jonk.
Anton R. - 16th January 2018
staying in Tuinroete
Die verskeidenheid aktiwiteite en bestemmings in die Tuinroete verseker dat die besoek nooit vervelig sal wees nie, en die herinneringe legio.
June M. - 16th January 2018
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Ek sal die vakansieplek vir enigeen, oud of jonk, aanbeveel.
Shane G. - 16th January 2018
staying in Tergniet, Tuinroete
Baie lekker area en naby alles.
Sonia S. - 16th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie besig, maar goeie atmosfeer.
Abraham S. - 16th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Die stilte van die Klein Karoo is sielverkwikkend.
Ilze H. - 16th January 2018
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Wat 'n lieflike plek! Ek sal definitief weer daarheen gaan.
Marc V. - 16th January 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Beautiful beaches. A lot of nice things to experience in Plett, The Crags and Tsitiskamma.
Hennie S. - 16th January 2018
staying in George, Tuinroete
George is 'n pragtige plek. Ek was baie beïndruk met die groot boom anderkant Hoekwil. Dit is ook naby Wildernis en Mosselbaai. Sal George aanbeveel vir 'n vakansie.
Tiaan L. - 16th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
'n Pragtige deel van ons mooi land. Skoon en netjies met 'n wye keuse van eetplekke en aktiwiteite.
Andries V. - 16th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is 'n baie gewilde vakansiebestemming en die strande is 'n besoek werd.
Leonie M. - 16th January 2018
staying in Stilbaai-Oos, Tuinroete
Lieflike strand en lagoon. Baie interessante inheemse tuin met inligtingstukke reg voor Osler Place. Weggesteek in die industriële area van Stilbaai Oos, is daar 'n slaghuis met die lekkerste wors.
Louis P. - 15th January 2018
staying in Knysna, Tuinroete
Ons is absoluut mal oor Knysna en die Tuinroete!
Hanelie V. - 15th January 2018
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Aangenaam.
Ilse V. - 15th January 2018
staying in Thesen Islands, Tuinroete
Indien 'n mens daar vakansie hou moet mens ‘n boot tot jou beskikking hê.
Francois D. - 15th January 2018
staying in Fernridge, Tuinroete
Dit is 'n stil woonbuurt in George en naby genoeg aan al die besienswaardighede in George en die omgewing, maar sonder die geraas van die verkeer en bedrywighede van die stad.
Henk S. - 15th January 2018
staying in Die Crags, Tuinroete
Pragtige besienswaardighede.
Elize V. - 15th January 2018
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
Perfek.
Adele V. - 15th January 2018
staying in Santosbaai, Tuinroete
Perfect for the beach lover, historian and if you are looking for little flea market shopping. I can recommend the market at the harbour area.
Mars D. - 15th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Great place to be!
Marie P. - 15th January 2018
staying in Glentana, Tuinroete
Vriendelike plek.
Isabel B. - 15th January 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Ons het van die rustigheid van die dorp gehou, veral na 'n besige dag in Hartenbos en Diazstrand.
Adele V. - 15th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Oudtshoorn is a lovely place to visit. It is about 22 km from the wonder of the Cango Caves, a place that I will recommend you visit. It is also close to a crocodile farm that surprisingly also has many beautiful birds. I will also recommend you visit the Smits Store for all your gifts. The coffee shop is also great.
Adele V. - 15th January 2018
staying in George, Tuinroete
There are various vineyards situated close to George. It is also very close to the Redberry Farm. The Redberry Farm has lots of activities for both adults and kids, like picking your own strawberries. I highly recommend it for a view hours of fun.
Maralize J. - 15th January 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Beste vakansieplek in die wêreld!
Ronelle F. - 15th January 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
'n Juweel van die Suid-Kaap.
Derrick H. - 15th January 2018
staying in George, Tuinroete
Wat my op geval het, is dat George oor die algemeen skoon en netjies is.
Morne V. - 15th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Dis 'n pragtige omgewing en ons het heerlik in 'n plaaslike restaurant geëet.
Cecile J. - 15th January 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Net baie besig.
Makkie S. - 15th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Het my weer teruggevat na my vakansies daar as kind!
Peter B. - 15th January 2018
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Safe beach to swim and walk.
Stan O. - 15th January 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Altyd lekker om daar vakansie te hou, maar hulle oorprys die vakansiegangers tydens hoogseisoen en Mosselbaaiers dink die plek behoort aan hulle.
Adelle F. - 15th January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
'n Regte Afrikaanse gesinsdorpie.
Carin V. - 14th January 2018
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
Pragtig! Alles is mooi en skoon. Die perfekte vakansieplek vir families - groot en klein.
Thelma L. - 14th January 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Geen bykomende kommentaar nie. Plett is netjies soos ons dit nou al ken en verwag.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za