Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Beandri P. - 25th March 2019
staying in Glentana, Tuinroete
Absoluut paradys!
Ferdi R. - 25th March 2019
staying in De Rust, Tuinroete
Karaktervolle, ou-wêreldse, eksentrieke dorp wat beslis 'n besoek werd is.
La B. - 25th March 2019
staying in Danabaai, Tuinroete
Nie tyd gehad om werklik te ondersoek nie, maar Danabaai skyn alles te hê wat 'n besoeker kan benodig. Mosselbaai ook baie naby.
Noleen J. - 25th March 2019
staying in Sedgefield, Tuinroete
Veilig en rustig, sal enige tyd weer soontoe gaan.
Jack B. - 25th March 2019
staying in Knysna, Tuinroete
Knysna verkeer is net 'n nagmerrie.
Andrew F. - 25th March 2019
staying in De Rust, Tuinroete
As jy dink aan aftree definitief 5 ster aftree dorp. Of as jy nie meer lus is vir die stad, verhuis vandag nog.
June S. - 25th March 2019
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Maak die vuil strate skoon! Rommel oral.
Jannie V. - 25th March 2019
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Baie min winkels.
Martha V. - 25th March 2019
staying in Stilbaai-Oos, Tuinroete
Om in die sewende hemel te woon was klaar 'n groot lekker, maar die pragtige, uitgestrekte wit strand wat jou anderkant die duin begroet, was 'n baie aangename verrassing! Stilbaai is tops!
Michaela F. - 25th March 2019
staying in Lake Brenton, Tuinroete
We were upgraded to unit 62 at Brenton Park, which had the most amazing views.
Rene E. - 25th March 2019
staying in Hartenbos, Tuinroete
Daar is baie om te doen vir die kinders en sal weer daarheen wil gaan.
Gustav S. - 25th March 2019
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Dit is lastig dat die enigste twee kruideniers winkels om 18:00 toemaak - inteendeel personeel by beide was alreeds om 17:45 nie gretig om van hulp te wees nie. As 'n besoeker dus saans eers rondom hierdie tyd daar aankom - sorg dat u reeds u aankopies gedoen het! Het bogenoemde 4 aande in 'n ry ervaar.
Xander T. - 25th March 2019
staying in The Island, Tuinroete
Sal dit vir enige mens aanbeveel. Ek gaan definitief weer terug soontoe.
Malinda R. - 25th March 2019
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Baie baie lekker bestemming.
Jaco F. - 25th March 2019
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Ons het slegs KKNK bygewoon en nie ander besienswaardighede in/om Oudtshoorn ervaar nie.
Jacobus Everhardus B. - 25th March 2019
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Dit is waar ek wil aftree oor 'n jaar of 5.
Sylvia H. - 25th March 2019
staying in Danabaai, Tuinroete
Bietjie erg opdraand terug van die see as jy loop.
Michele K. - 25th March 2019
staying in Hartenbos, Tuinroete
Very nice holiday destination.
Jennifer G. - 25th March 2019
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Wonderful coastal walk down from club house to explore beaches and caves. Idyllic morning spent on Oyster Bay beach exploring the rock place, so lovely and quiet. We are very keen to do St Blave's trail next time we are there. Large areas of untouched fynbos between properties and golf greens makes it feel like you're in the wild. I only hope that it doesn't get developed too much more!
Jolene M. - 25th March 2019
staying in George, Tuinroete
George is vir seker die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd teëgekom het - hou so voort George Munisipaliteit!
Susan L. - 25th March 2019
staying in Herold, Tuinroete
Herold is 'n fotograaf se droom.
Colin L. - 25th March 2019
staying in Glen Barrie, Tuinroete
Love the place and the surroundings, very beautiful garden.
Petro B. - 25th March 2019
staying in Voorbaai, Tuinroete
Plenty of shops.
Henriette S. - 25th March 2019
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Buiten die KKNK wat elke jaar daar gehou word, is daar ook verskeie besienswaardighede wat besigtig kan word. Oudtshoorn het 'n outydse sjarme en is beslis 'n besoek werd.
Anja V. - 25th March 2019
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Beautiful and well maintained place!
Charl V. - 25th March 2019
staying in Tergniet, Tuinroete
Tergniet is redelik sentraal vir die reisigers wat bereid is om uit te ry na ander besienswaardighede in die omgewing.
Yolandi C. - 24th March 2019
staying in Tergniet, Tuinroete
Tergniet self is 'n baie mooi dorpie. Alles is netjies en die mense is almal baie vriendelik.
Lee-ann L. - 24th March 2019
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Dis my huis weg van my huis af alles wat ek soek om heerlik te ontspan.
Andre K. - 24th March 2019
staying in Reebok, Tuinroete
Perfek vir iemand wat wil wegkom van die stad se geraas, maar wat tog die rondplas in die branders geniet.
Bernd K. - 24th March 2019
staying in George, Tuinroete
Super schöne Zeit und Danke für den super Service, das nächste Mal würden wir mehrere Tage buchen.
Mariska O. - 24th March 2019
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Baie mooi area en baie veilig!
Cecil K. - 24th March 2019
staying in Piesangvallei, Tuinroete
Baie pragtige skoon, asemrowende plek. Sal beslis weer kom.
Cornelia O. - 24th March 2019
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie lekker kuierdorp. Hulle voorsien iets van almal van baie jonk tot baie oud.
Ryan G. - 24th March 2019
staying in George, Tuinroete
In Maart het ons vier seisoene 'n dag beleef.
Taryn C. - 24th March 2019
staying in Die Crags, Tuinroete
Great in itself and also close to Nature's Valley and Storm's River.
Madelein C. - 23rd March 2019
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Ons het Groot-Brakrivier geniet omdat ons elke dag binne 'n paar minute ander strande in die omgewing kon verken.
Magda A. - 23rd March 2019
staying in De Rust, Tuinroete
Baie mooi dorpie.
Petro O. - 23rd March 2019
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Baie lekker vakansie plekkie.
Andre V. - 23rd March 2019
staying in Hartenbos, Tuinroete
Alles draai om die AKTV wat beteken daar is net in Desember aktiwiteit.
Frank W. - 23rd March 2019
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Uniek en KKNK help om daai unieke beeld te verstewig. Trots daarop dat hulle ou dorps gevoel behou en ou geboue restoureer vir toekomstige geslagte.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za