Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Mooi landskap en vriendelike mense waar jy ookal gaan. Net 'n fees om deur al die dorpies en klein versteekte juweeltjies te reis."
"Dit was so lekker om als wat ons nodig gehad het, net daar te kry, die kombuis is goed ingerig. Ten spyte van die bewolkte weer, en die sonkrag, was selfs die gebruik van elektriese toestelle nie beperk nie! Die lekker beddegoed, en warm komberse het gehelp teen die koue weer, en meer as genoeg hout is verskaf vir ons om saans om die vuur te kon kuier!"
"Dis 'n mooi en skoon dorp. Dinge om te sien en te doen is ver van mekaar af so jy het 'n voertuig nodig. Die persoonlike taxi's is skaars en van hulle is baie skelm veral taxi 24/7."
"Shops and restaurants close early. So nothing to do at night unless you want to go to bed super early."
"Ons het 'n naweek spandeer, en daar was so baie om te doen. Die Cango Wildlife Sanctuary was 'n heerlike ervaring."
"Wat 'n fees van 'n plek met ongelooflik baie dinge om te doen met kinders."