Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"As jy van ou geboue hou en graag 'n dorp soos Prins Albert te voet wil verken sal jy dit geniet. Daar is ook bergklim en ander aktiwiteite. Om daar te kan gaan skilder of skryf is vir my droommooi. Maar as groot inkopiesentrums jou ding is sal jy deur Prins Albert ry en dit nie eers raaksien nie."
"Die vloedmuseum is 'n besoek werd. 'n Goeie restaurant/steak house sal 'n groot aanwins vir die dorp wees. Tans is daar net 3 kitskosplekke."
"Ek dink nie Beaufort-Wes is 'n slegte toeristebestemming nie. Ek kon nog net nie genoeg tyd daar spandeer om dit te waardeer nie. Ek is gewoonlik net op pad boontoe of ondertoe."
"There is not much happening here, and the beggars are terrible at the Spar, and surrounds. But a great place to unplug and reconnect with your family."
"Gansbaai het my nie beïndruk nie, maar ek het verlief geraak op Franskraal en Stanford."
"Mosselbaai was en sal altyd deel wees van ons lewe. Die strate en strande was mooi skoon. Nooddienste (ambulans) was egter baie teleurstellend. Ons het 'n noodgeval (beroerte/epilepsie aanval van 71-jarige) gehad Vrydag 21 Julie 13:30 en na die ambulans na 'n uur nog nie gearriveer het nie, moes ons die pasiënt verontrief en per motor geneem het na Bayview Hospital. Ek persoonlik dink nooddienste moet in so 'n mooi dorp vinnig en van topgehalte wees, aangesien dit 'n toeristebestemming is."
"Veldrift was nog altyd een van gunsteling kusdorpies aan die Weskus. Die kos en kultuur is uniek en die is mense baie vriendelik."