Soos gesien op Maroela Media

Johannesburg is ’n reusestad met ’n hele rits aktiwiteite om te geniet, maar dit kan maklik te veel raak vir diegene wat na stilte, rustigheid en ’n wegkomkans smag. Daarom het LekkeSlaap dié lysie vir Gautengers saamgestel met tien lekke plekke wat ideaal is vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Mount Savannah Game Reserve

70 kilometer vanaf Johannesburg

cradle of humankind gauteng

Mount Savannah Game Reserve is perfek vir paartjies met jong kinders wat op soek is na ’n blaaskans uit die stad. Hier kan julle ’n pragtige chalet bespreek en heel naweek langs die swembad rus, terugkeer na die natuur op ’n wildrit of die Wieg van die Mensdom verken. Daar is ook ’n boma, plonspoel en ’n gemeenskaplike kombuis op die perseel.

Ontbyt en een wildrit is ingesluit! 

Aktiwiteite op die perseel: Voël- en wildkyk, fietsry en swem
Aktiwiteite naby: Perdry, kunsvlieg- en forelhengel, wildkyk en fietsry

Kliek hiér vir die tariewe. 

gauteng game reserve pool

Seasons Golf, Leisure and Spa

88 kilometer vanaf Johannesburg

Sandton Pretoria Bushveld

Is jy lus om vir ’n slag saam met ’n lekker groep mense uit die stad te ontsnap? Wel, kry jou groepie bymekaar en vat die pad na Seasons Golf, Leisure and Spa, wat rustig lê en wag om verken te word. Hier kan julle tot vier slaapkamers met ’n kuierarea bespreek en ’n luilekker gholfnaweek geniet, by die spa ontspan of heerlik in die boma kuier. Verken ook die Hartbeespoortstreek met al sy aktiwiteite soos riviervlotvaar en abseil.

Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, fietsry en swem
Aktiwiteite naby: Voëlkyk, riviervlotvaar, abseil, perdry en wildkyk

Kliek hiér vir die tariewe. 

Magaliesberge gauteng

Thirsty Falls Nature Retreat

104 kilometer vanaf Johannesburg

Magaliesberg Rustenburg

Thirsty Falls Nature Retreat is 35 kilometer vanaf Rustenburg. Dié gasteplaas skuil hoog teen die suidelike hange van die Magaliesberg en is nét die plek waar jy wil wees as jy mal is oor die natuur. Hier is eenhede vir twee tot ses gaste, so of jy nou ’n romantiese wegbreek beplan of jou gesin wil bederf, hiér is iets van als. Die kothuise het elk ’n kaggel, braaigeriewe en ’n gasverwarmer vir die koue aande. Wanneer dit warm is kan julle in die eko-swempoel met natuurlike water afkoel.

Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, fietsry en swem 
Aktiwiteite naby: Perdry, visvang, wildkyk en kunsvlieg- en forelhengel

Kliek hiér vir die tariewe. 

gauteng weekend getaway

ATKV Buffelspoort

120 kilometer vanaf Johannesburg

Sun City gauteng

ATKV Buffelspoort bied ’n rits verblyf-opsies soos rondawels, woonstelle, tenthuise, kampplekke en ’n villa. Hier is nie net verskeie blyplekke wat elke gesin, vriendegroep of paartjie sal pas nie, maar ATKV Buffelspoort spog ook met ’n lang lys aktiwiteite wat elke lid van jou reisgroepie sal besig hou. Dit sluit binne- en buite-swembaddens met warm en koue water, Jacuzzi’s, putt-putt, ponieritte, vlugbal, ’n sportkroeg en skoonheidsalon in. Sun City is net 80 kilometer van dié oord af! 

Aktiwiteite op die perseel: Perdry, voëlkyk, tennis, swem, wipmatte, snoeker- en pooltafels en gholfspeel
Aktiwiteite naby: Voël- en wildkyk

Kliek hiér vir die tariewe. 

water slide gauteng kid friendly stays

The Ancient Copper Shed

140 kilometer vanaf Johannesburg

Potchefstroom self-catering

The Ancient Copper Shed is net tien kilometer buite Potchefstroom en spog met twee unieke troeteldiervriendelike eenhede wat slaapplek vir vier en vyf gaste het. Vergeet van die stad se gedruis in dié eenhede wat elk ’n goed toegeruste kombuis het. Bring net julle klere en kos en kom ontspan op die stoep met ’n pragtige uitsig. Daar is natuurlik braaigeriewe en ’n buitestort in die tuin. 

Aktiwiteite op die perseel: Wildkyk en perd- en bergfietsry
Aktiwiteite naby: Kunsvlieg-, baars- en forelhengel, swem, fietsry, perdry, begeleide wandelpaaie en wildkyk

Kliek hiér vir die tariewe. 

Potchefstroom game farm

The Kingdom Resort

170 kilometer vanaf Johannesburg

Pilanesberg

As jy op soek is na ’n bietjie sielsrus, nie te ver wil ry nie en ook wil seker maak die hele gesin gaan besig bly, kan jy nie verkeerd gaan met The Kingdom Resort nie. Die oord is ’n bron van oneindige pret en plesier vir jonk en oud. Die wooneenhede is netjies, die mense vriendelik en die kos smaaklik. Ouers kan uitsien na spa-behandelings en die kinders na ure se pret op die waterwurms. Moenie op jou laat wag nie, kom skep herinneringe wat ’n leeftyd sal hou! 

Aktiwiteite op die perseel: Swem en bergfietsry 
Aktiwiteite naby: Wildkyk, swem, bergfietsry en begeleide wandelpaaie

Kliek hiér vir die tariewe. 

The Kingdom Resort gauteng

Fish Eagle Log Cabin

170 kilometer vanaf Johannesburg

Vaalrivier

Dié kothuis is nie in ’n oord of by ’n gewilde lodge nie; dit is op die oewer van die Vaalrivier en bied aan tien gaste die geleentheid om van die verkeer, geraas en gedruis van die stad te ontsnap. Fish Eagle Log Cabin is perfek vir ’n lekker visvangnaweek, waar julle heeldag langs die rivier kan ontspan en heerlik kan braai in die aand. Troeteldiere is welkom en die kothuis maak op sonkrag en gas staat, wat beteken dat dit eko-vriendelik is. Eskom-kragpale en kragonderbrekings is nêrens in sig nie. 

Aktiwiteite op die perseel: Kunsvlieghengel, visvang, voëlkyk en fietsry
Aktiwiteite naby: Kunsvlieg- en baarshengel, fietsry en wildkyk

Kliek hiér vir die tariewe. 

Log Cabin Noordwes

Moonriver Mountain Retreat

250 kilometer vanaf Johannesburg

Waterberg-plato in Limpopo

As julle mal is oor voëlkyk of sommer net jul selfoonwekker met die getjirp van allerhande voëls wil vervang, is Moonriver Mountain Retreat nét die plek om te wees. Die eenhede wat hier opdie Waterbergplato skuil is geskik vir twee tot ses gaste en is toegerus vir selfsorg. Die eenhede het ook glas voorkante wat sorg dat jy elke oomblik van die dag die pragtige uitsigte kan geniet. 

Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, swem en bergfietsry
Aktiwiteite naby: Perdry

Kliek hiér vir die tariewe. 

chalets limpopo

Riverman Cabin

260 kilometer vanaf Johannesburg

Dullstroom self-catering

Riverman Cabin bied verblyf in steen-, grasdak- of houthutte met slaapplek vir twee tot tien gaste. Die hutte is vir selfsorg toegerus, maar daar is ook ’n restaurant en ’n kroeg op die perseel. Troeteldiere is welkom en daar is heerlike braaigeriewe. ’n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar, so hiér kan julle nét ontspan en die uitsig geniet. 

Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk en kunsvlieg- en forelhengel
Aktiwiteite naby: Perdry, baarshengel en fietsry

Kliek hiér vir die tariewe

Riverman Cabin

Willow Villas

300 kilometer vanaf Johannesburg

Clarens Gholf Landgoed

Willow Villas is op Clarens se gholflandoged geleë. Hiér kan julle een van vier selfsorg-villas, wat geskik is vir vier gaste, bespreek. Oorweeg dit om sommer meer as een villa te bespreek en nóg vriende en familie vir ’n rustige wegbreek op dié landgoed te nooi. Die villas spog elk met ’n lekker braai en meubels op die dek. 

Moenie vergeet om Clarens in te vaar en al dié dorpie se kuns, uitsigte, bierbrouerye en avontuur-aktiwiteite te verken nie. 

Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, fietsry en begeleide wandelpaaie
Aktiwiteite naby: Perdy, visvang, wildkyk, swem, tennisspeel en kunsvlieg- en forelhengel

Kliek hiér vir die tariewe. 

gholf clarens

Nou ja toe, kies vir jou ’n lekke plekkie en herlaai daardie batterye ver van die stad se gewoel! 

Hooffoto: Mount Savannah Game Reserve