Die Nuwejaar is hier! Soms kan die somervakansie ’n mens effe platsak laat voel, máár hierdie lekker opsies sal elke sak ná Desember en Januarie pas! So, as die gedruis van die stad te veel raak en ’n wegbreek weer roep, volg gerus dié lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad vir ’n prentjiemooi blaaskans!

Villiersdorp

Villiersdorp is in die hartjie van die Overberg geleë en is om en by 110 kilometer vanaf Kaapstad. Hierdie dorp spog met oulike boeremarkte en die grootste dam in die Wes-Kaap, Theewaterskloofdam, en Theewaterskloof Gholfbaan is ook ideaal vir gholfentoesiaste. Dié dorp is die perfekte wegbreek én het selfs genoeg om die jongspan besig te hou.

Dennehof Farm Guesthouse

Dennehof Farm Guesthouse

Dennehof Farm Guesthouse is op ’n plaas buite Villiersdorp geleë. Hierdie plaas spog met ’n pragtige uitsig oor die Theewaterskloofdam en is ideaal vir natuurliefhebbers. Daar is twee selfsorgkothuise waarvan een slaapplek aan twee gaste bied en die ander een slaapplek vir vier gaste het. Elkeen is elegant en simplisties versier en het ’n ten volle toegeruste kombuis, ’n braai-area en alles om jou verblyf gerieflik te maak.

Dennehof Farm Guesthouse

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards-lede kry tussen 10% en 15% afslag (B&Vs).
Pret en plesier: Aktiwiteite op die plaas sluit stap- en fietsroetes, roei op die dam, ’n jetty om op te ontspan en plaasdiere vir vermaak in.

Franschhoek

Franschhoek is sowat 120 kilometer vanaf Kaapstad geleë en word deur sommiges as die land se hoofstad vir kos en wyn beskou. Dié dorp se boomryke strate is met galerye en antieke winkels gevul en die wingerde wat die heuwels net buite die dorp drappeer, is meer as 300 jaar gelede geplant. Plaaslike aktiwiteite sluit wynproetoere, forelhengel, voetslaan, die Hugenote Museum en die Wine Tram in.

Heuwelsig Cottages and Franschhoek Camping

Heuwelsig Cottages and Franschhoek Camping

Net vyf kilometer buite FranschhoekHeuwelsig Cottages and Franschhoek Camping wat met ’n lieflike plaasatmosfeer en ’n asemrowende uitsig spog. Daar is verskeie kampeerplekke vir motorwoonwaens, maar klein karavane en daktente is ook welkom. Dit bied egter ook twee luukse selfsorgkothuise wat elk slaapplek vir twee gaste het. Die perseel het ook ’n omheinde eko-swembad met dekstoele.

euwelsig Cottages and Franschhoek Camping

Elektrisiteit: Elektriese punte is vir die kampeerplekke beskikbaar.
Pret en plesier: Aktiwiteite in die area sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildkyk, begeleide staproetes en bergfietsry in.

Breederiviervallei

Die Breederiviervallei is net so oor die 120 kilometer vanaf Kaapstad en die grootste vrugte- en wynproduserende vallei in die Wes-Kaap. Hierdie skilderagtige vallei vorm deel van die Boland en is uiters gewild vir besoekers van oud en jonk. 

Vredehoek Guest Farm

Vredehoek Guest Farm

Vredehoek Guest Farm is in die Breederiviervallei op ’n pragtige vrugteplaas geleë en skuil hoog in die Mostertshoek Twins se heuwels. Daar is ses selfsorgeenhede wat slaapplek vir tussen twee en twaalf gaste het. Daar is ook ’n privaat, eksklusiewe kampeerterrein wat teen die berg skuil. Die meerderheid van die eenhede spog elk met lugversorging, ’n kaggel, ’n stoep en braaigeriewe.

Vredehoek Guest Farm

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards-lede kry tussen 10% en 15% afslag (B&Vs).
Bonus: In sommige eenhede word koffie, tee, beskuit, braaihout, vuuraanstekers, skottelgoedwasser- en wasmasjien-kapsules voorsien.
Pret en plesier: Aktiwiteite op die plaas sluit visvang, draf en fietsry in.

Tulbagh

Tulbagh is die vierde oudste dorp in Suid-Afrika en skuil net 126 kilometer buite Kaapstad. Die bekoorlike Kerkstraat het die grootste aantal provinsiale erfenisterreine in een straat in Suid-Afrika en spog met Kaaps-Hollandse, Edwardiaanse en Victoriaanse huise. Hier is iets vir die natuur-, adrenalien- en wynliefhebber om te doen, maar is ook ideaal vir diegene wat net vrede en rustigheid soek.

Sunburst Family Farm Cottage

4 Sunburst Family Farm Cottage

Sunburst Family Farm Cottage is op ’n vrugteplaas buite Tulbagh geleë. Hierdie kothuis bied slaapplek aan ses gaste en spog met lugversorging, ’n kaggel en ’n beskutte stoep met ingeboude braaigeriewe, ’n plonspoel en ’n houtvuurwarmbad.

Sunburst Family Farm Cottage

Bonus: Genoeg vuurmaakhout vir die eerste vuur word voorsien.

Robertson

Robertson staan as die vallei van wyn, perde en rose bekend en is die perfekte bestemming vir reisigers wat die Kaapse Wynlande liefhet. Dit is ongeveer 157 kilometer vanaf Kaapstad en hiér is pragtige Victoriaanse geboue met jakarandabome wat al langs Robertson se strate groei. Daar is ’n groot verskeidenheid besienswaardighede, aktiwiteite en kulinêre lekkernye wat regdeur die jaar aangebied word.

Pat Busch Mountain Reserve

Pat Busch Mountain Reserve

Pat Busch Mountain Reserve word deur hoë berge omring en verblyf word in ses kothuise en ’n plaashuis gebied. Elke eenheid het ’n ingeboude kaggel en ’n stoep met braai- en potjiegeriewe. Die Nightjar, Hadeda en Oak kothuise het ook warmbaddens.

Pat Busch Mountain Reserve

Pret en plesier: Die natuurreservaat bestaan uit 2000 hektaar pragtige bergfynbos en bergstrome wat gaste kan verken en daar is plaasdamme vir swem en vang-en-vrylaat-hengel. Daar is ook meer as 100 voëlspesies wat ideaal vir voëlkyk is.

Montagu 

Montagu se natuurskoon sal enigeen se asem wegslaan. Hierdie dorp is sowat 180 kilometer vanaf Kaapstad geleë, vir sy wyne en berge bekend en spog met  pragtige boorde, wingerde, plaaslike kruie, rotsformasies en warmwaterbronne. Om tyd hier deur te bring, sal vir seker jou laat ontspan en jou batterye herlaai!

Wonder Farm Stay

Wonder Farm Stay

Wonder Farm Stay is aan die voet van die Langeberge geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal vir gesinne en groepe vriende is. Daar is vyf selfsorgkothuise om van te kies wat slaapplek vir tussen twee en agt gaste het en elke kothuis het ’n beskutte stoep en braaigeriewe. Sommige kothuise spog ook met kaggels en houtvuurwarmbaddens. Selfs troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Wonder Farm Stay

Pret en plesier: Aktiwiteite op die plaas sluit swem in die plaasdam, stap in die bloekombos, ontspan in ’n hangmat, balskop en bordspeletjies speel in. 
Bonus: Pakkies vir honde met donker handdoeke, bakke, peuselhappie-sakkies en sakkies vir vullis word voorsien. Vir katte word ’n donker handdoek, bakke en ’n speelding voorsien.

Lank-gewag Cottages

Lank-gewag Cottages

Lank-gewag Cottage is op ’n plaas tien kilometer buite Montagu geleë. Dit word deur pragtige vrugteboorde omring en bied volle privaatheid. Kies tussen twee gesellige kothuise wat elk slaapplek vir vier gaste het en met ’n binnebraai, stoep en ’n plonspoel spog.

Lank-gewag Cottages

Ekstra afslag: LekkeSlaap Rewards-lede kry tussen 10% en 15% afslag (B&Vs).
Elektrisiteit: Die kothuise het nie elektrisiteit nie, maar het LED-lampe vir lig binne en buite.
Pret en plesier: Aktiwiteite op die plaas sluit stap en fietsry in. Jy kan ook gedurende vrugteseisoen, vanaf Desember tot Maart, pruime, appelkose, geelperskes en kaalperskes pluk.

Bonnievale

Bonnievale is net oor die twee uur se ry vanaf Kaapstad en dié plaasdorpie skuil tussen die Riviersonderend- en Langeberge. Hierdie welige, groen area is rustig en die perfekte wegbreekplek om uit die stadsgedruis te ontsnap. In dié paradys kan jy toere deur die gemeenskap, wynproe, voetslaan en visvang geniet.

Kampala Gaste Plaas

Kampala Gaste Plaas

Kampala Gaste Plaas is dertien kilometer buite Bonnievale op die Boesmansrivier-pad in die rigting van McGregor geleë. Daar is ses huise met slaapplek vir vier tot tien gaste en sewe en suite-kamers met slaapplek vir twee gaste elk waarvan jy kan kies. Die verblyf is rolstoelvriendelik en troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word.

Kampala Gaste Plaas

Pret en plesier: Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildritte, begeleide staptogte, bergfietsry en swem in. 

Met dié lekker bestemmings hoef jy nie eens ver vir ’n bietjie rus te reis nie. Ruil daai aktetas vir jou reissak en bespreek een van hierdie pragtige plaasverblyfopsies vir jou welverdiende blaaskans! 

Hooffoto: Vredehoek Guest Farm 
Alle ander foto’s: LekkeSlaap

Lees ook:

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad

Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng

Wynplaas wonderlik! Bly tussen die wingerde

Knus in die Karoo: Ses Plaashuise vir ’n Naweekwegbreek

10 Sakpas-naweekwegbreke naby Gauteng