Soos gesien op Maroela Media.

Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te pak voor julle die pad vat.

In Suid-Afrika is sneeu maar ’n wisselvallige verskynsel en dit is juis waarom ons gebruikersvriendelike aanlyn-hulpmiddels soos Snow Report het om sneeu-sugtiges dadelik in te lig oor waar dié ontwykende wit tapyt neergestryk het. As jy hierdie winter in die wit wil gaan sit, hou Snow Report gerus  dop. Hulle webwerf word byna oombliklik opgedateer indien daar sneeu geval het. Boonop kan jy versoek dat hulle vir jou ’n WhatsApp-boodskap stuur met die nuutste informasie oor sneeuval, of jy kan hulle bloot op Twitter volg om onmiddellike kennisgewings op jou foon te kry.

Wanneer die sneeu eers geval het, moet mens egter dadelik reg wees om sak en pak in die kar te spring. Hier is ’n nuttige paklysie vir jou sneeuwegbreek sodat jy net kan aftiek en wegtrek.

Hoewel ’n mens vinnig moet spring om die sneeu te vang as dit eers geval het,  wil jy darem ook seker wees jy beland by ’n lekker plek waar jy, ná jou sneeuman gedoop is en buite staan en waghou, by die kaggelvuur kan ontdooi met ’n lekker glas rooiwyn of ’n koppie warmsjokolade. Wel, LekkeSlaap het oudergewoonte ’n paar snoesige plekkies om voor te stel. Hierdie knus kothuise en warm wegbreke is in ons land se mees gewilde sneeubestemmings geleë is en is nét reg om die winterkoue buite te hou!

SUTHERLAND

Sterboom Gastehuis

As jy ’n Karoodorpie-mens is en boonop sneeu soek, is Sutherland dié sneeubestemming vir jou. Augustus word oor die algemeen as Sutherland se sneeu-maand gesien en dit is gewoonlik die hoërliggende Verlatenkloof-pas wat eerste sneeu sien. Dit is egter ook hierdie pas wat eerste onbegaanbaar raak as dit ’n erge sneeujaar is, so maak seker dat jy genoeg voorraad en verlof het as jy van plan is om hier te bly.

Verlatenkloof Guest Farm

Waar: Langs die R354, 26 km van Sutherland af
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise
Aantal persone: 4 – 8 per eenheid
Koste: Vanaf 300 per persoon
Snoesige ekstras: Kaggel en braaiplek

Let wel: Slegs gas en sonkrag. Hout is te koop. Geen selfoonontvangs. Bring eie oortreksels vir beddegoed saam.

Verlatenkloof Guest Farm

Kambro Kind & Middelfontein Farm

Waar: Middelfontein is 1,3 km buite Sutherland. Daar is ook blyplek in die dorp self by Kambro Kind.
Tipe verblyf: Kothuise met selfsorggeriewe of basiese geriewe wat met gas werk.
Aantal persone: 2 – 4 per eenheid.
Koste: Vanaf R470 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel en braaiplek.

Let wel: Een van die kothuise het slegs gas en geen elektrisiteit nie.

Kambro Kind & Middelfontein Farm

The Velvet Olive 1881

Waar: Middedorp, Sutherland.
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 – 8 per eenheid.
Koste: Vanaf R310 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel, warmkomberse, braaiplek binne en buite, restaurant reg langs die huis.

The Velvet Olive 1881

HOGSBACK

Lothlorian Cottage Hogsback

As jy tussen Junie en Augustus die Tolkien-agtige dorpie, Hogsback, in die Oos-Kaap besoek, mag jy dalk net gelukkig genoeg wees om die feetjiewoud wat dié dorpie omring in wit getooi te sien.

Maple Grove in Hogsback

Waar: Hogsback, sowat 3 km van die middedorp af.
Tipe verblyf: Selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 – 4 per eenheid.
Koste: Vanaf R330 per persoon.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, DStv.

 Maple Grove in Hogsback

MATROOSBERGE

Klondyke Cherry Farm

Vir Kapenaars bied die Matroosberge, sowat 35 km buite Ceres op die Bo-Swaarmoed pad, die beste kans op toeganklike sneeuval. Tussen Julie en September val daar dikwels sneeu in hierdie streek. As dit nie ’n erge sneeujaar is nie, word ’n 4×4 benodig om die berge se versiersuikerpieke te bereik. Ander jare mag daar sneeu op grondvlak val.

Die Matroosberg Privaat Natuurreservaat is oop vir dagbesoekers, maar as jy lekker naby die aksie wil tuisgaan, bespreek gerus by hierdie natuurreservaat se buurplaas, die Klondyke Cherry Farm.

Klondyke Cherry Farm

Waar: In die Kouebokkeveld aan die buitewyke van die Ceres-vallei, Bo-Swaarmoedpad.
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise langs die dam of kersieboord.
Aantal persone: 2 – 8 per eenheid.
Koste: Vanaf R590 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, vuurmaakhout teen ekstra koste beskikbaar, troeteldiervriendelik.

Klondyke Cherry Farm

DRAKENSBERGE

RiverVilla

Suid-Afrika se grootste en hoogste bergreeks, die Drakensberge, sien natuurlik die meeste sneeu. Daar is ’n hele paar plekke in hierdie streek wat gereeld sneeu kry, onder meer Giant’s Castle, Highmoor, die Golden Gate Nasionale Park en Cathedral Peak, asook ’n paar dorpe soos Underberg, Barkley-Oos en Rhodes. Dit beteken egter nie dat die omliggende dorpe nié sneeu kry nie. So, as jy bereid is om ’n sneeusoeker te wees, kan jy by talle snoesige plekkies in dié geweste inklok en dan die pad tot by die sneeu aandurf.

Reedsdell Country Guest Farm

Waar: Op die R393, naby Barkley-Oos in die Oos-Kaap.
Tipe verblyf: Selfsorgverblyf in ’n opgeknapte klipskuur.
Aantal persone: 4 mense.
Koste: Vanaf R800 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, muurverwarmers, daaglikse skoonmaakdiens, etes op versoek, braaiplek, troeteldiervriendelik.

Reedsdell Country Guest Farm

Tenahead Mountain Lodge

Waar: Naudesnekpas, Rhodes, Oos-Kaap.
Tipe verblyf: 5-Ster-Lodge.
Aantal persone: 2 persone per en suite-kamer.
Koste: Vanaf R2390 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel wat vir jou aangesteek word, kroegyskas met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, biblioteek, fynproewersdisse en ’n wynkelder op die perseel.

Tenahead Mountain Lodge

Eagles’ Rock Mountain Retreat

Waar:  7,7 km buite Underberg op die Drakensberg Gardens-pad.
Tipe verblyf: Selfsorgkothuise.
Aantal persone: 2 – 10 per eenheid.
Koste: Vanaf R630 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggel, braaiplek, WiFi, skoonmaakdiens Maandag tot Saterdag.

Eagles’ Rock Mountain Retreat

Tiffindell Ski Resort

Waar: Naby Rhodes in die Oos-Kaap
Tipe verblyf: Ski-oord
Aantal persone: 2 – 12 persone per eenheid
Koste: Vanaf R750 vir 2 persone
Snoesige ekstras:  Sentrale verhitting, beddegoed, linne, handdoeke, tee en koffie, ski-toerusting en ‘n ski-permit tydens die wintermaande, aandete en ontbyt, ski-afrigting, “tobbogan”-slee.

Tiffindell Ski Resort

Witsieshoek Mountain Lodge

Waar: Aan die voet van Sentinelpiek, naby Phuthaditjhaba in die Vrystaat.
Tipe verblyf: B&B- en 4-ster-selfsorgeenhede.
Aantal persone: 2 persone per eenheid.
Koste: Vanaf R990 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Verwarmers, vloer-tot-plafon-vensters met asemrowende uitsigte oor die Amfiteater, linne, beddegoed, handdoeke, restaurant (bedien ontbyt en à la carte-middagete en -aandete), kroeg.

Witsieshoek Mountain Lodge

Berghouse and Cottages

Waar: Noordelike Drakensberge naby Bergville in KwaZulu-Natal, langs die R74.
Tipe verblyf: Selfsorg.
Aantal persone: 2 – 12 mense.
Koste: Vanaf R990 per eenheid.
Snoesige ekstras: Kaggel, vuurmaakhout teen ‘n ekstra fooitjie, daaglikse skoonmaakdienste en ’n selfsorgkombuis (of indien gaste die ontbyt-en-aandete-opsie kies, word ontbyt teen geen ekstra koste na jou kothuis gestuur).

Berghouse and Cottages

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

Waar: KwaZulu-Natalse Middellande, naby die N3.
Tipe verblyf: Lodge.
Aantal persone: 2 – 6 persone per eenheid.
Koste: Vanaf R1350 vir 2 persone.
Snoesige ekstras: Kaggels in die meeste eenhede, komplimentêre warm drankies, gratis WiFi, ontbyt en aandete, spa-baddens, privaat balkonne, hangmat-stoele, kroeg, pooltafel.

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

Die Long Tom-pas in Mpumalanga en die Sederberge naby Clanwilliam in die Wes-Kaap word ook jaarliks met sneeu gestof, maar dit is gewoonlik ’n baie ligte neerslag en, in die Sederberge se geval, so hoog teen die pieke dat mens dit meestal net te voet kan besigtig. Dit is egter die perfekte keuse as jy nie noodwendig in die sneeu wil speel nie, maar net die wit pieke in die agtergrond wil aanskou.

So, pak solank jou tasse en hou die weervoorspelling dop! Daai witselwit-wegbreek mag jou dalk net binnekort roep.

Hooffoto: Klondyke Cherry Farm op LekkeSlaap.co.za