Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4936 reviews.
"Lieflike lang strand om op te gaan loop. Somerset Mall is sommer naby en alles is binne 10 minute se ry van Strand af."
"Reg langs Century City geleë wat die groot besigheidsdistrik is van die Kaap. Letterlik 7 minute geleë van die Century City Konferensie Sentrum en Canal Walk Inkopiesentrum. Maklik om by die Waterfront uit te kom. 'n Wel geleë area om te bly vir 'n sakereis. "
"Dis 'n pragtige plek, maar seker baie beter om in die somer te besoek. Nostalgies met die hawe en bootritte. Ek hou van die restourante op die hawe en Chapman's Peak se natuurskoon is pragtig. Ek het net ongelukkig 'n gevoel gekry dat dit nie veilig is om 2 mense alleen te gaan stap nie en dit maak die besoekie ongelukkig negatief. Dalk as daar 'n sekuriteitswag met 'n hond die kort staproete patrolleer, sal toeriste (veral vroue alleen), veiliger voel. Of as daar 'n aanduiding is hoeveel km die roete is. Houtbaai is werklik pragtig, dit praat met die siel."
"As die weer mooi is, is dit 'n fantasties bestemming, maar winderige dae moet maar saamgeleef word. Valsbaai se watergehalte is swak en sal nie vis eet wat daar gevang word nie, met al die vullis wat afspoel uit informele nedersetting."
"Pragtige, skoon plek met die mooiste uitsigte. Sal definitief graag weer hier wil kom bly."
"Ons was daar vir `n begrafnis - nie as toeriste nie. Sal nie sommer weer na die Strand toe gaan nie - jy moet hou van woonstelblokke en winkels langs die see. "
"I never expected my stay at Mountainside to be that enjoyable, but it was extremely peaceful."
"Blouberg is very beautiful. Definitely a place where I would love to visit again. There is al lot of shop around, the beach is clean. "