Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Eastern Free State Highlands

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5059 resensies.

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Sun Cottage

"Daar was verrassende elemente en heerlike plekke om te besoek. Interessante winkeltjies en pragtige natuurskoon."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Woodlands Retreat

"Een van die mooiste plekke in ons land."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Highlands-chalets

"Sal enige tyd weer gaan, sommer more al."

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge

"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Mont d’Or Clarens

"Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Highland View

"Clarens is baie dierevriendelik. Ons twee klein hondjies het dit terdeë geniet. As julle met hondjies gaan, gaan stap met hulle in die Clarens Nature Conservancy. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Patcham Place

"Clarens en die omliggende omgewing is beeldskoon en daar is iets vir almal om te doen. Dit is 'n uitstekende vakansiebestemming!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

The Courtyard Guest House

"Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist. "

Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande

Gaffie's

"Baie min winkels om selfsorgkos en proviand aan te skaf, veral buite besigheidsure. Kry jou benodighede in Ficksburg of voor jy aankom. "

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Sandstone Chameleon Guest House

"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Kolgans Villa 147

"Clarens is 'n wonderlike dorp. Ons kom altyd verfris terug en kan nie wag om weer soontoe te gaan nie."

Bethlehem, Oos-Vrystaatse Hooglande

Die Dorpsmeerkat

"Bethlehem is 'n gemaklike basis waarvandaan die groter omgewing verken kan word na plekke soos Clarens en Fouriesburg. ens. "

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Pumula Guest Farm

"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Lola's Luxury Self-Catering Accommodation

"Baie en lekker restaurante, interessante winkels en galerye om te sien. Die omgewing is baie mooi en skoon."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

RiverWalk Guest House

"Pragtige plek met die mooiste natuur. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Twogether

"Heerlike wegbreekplekkie."

Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande

Gaffie's

"Ek weet nie of daar baie toeriste by Rosendal uitkom nie. Die natuurskoon en omgewing is pragtig, maar die dorp is klein en nog baie onderontwikkeld."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

V'Kansi Khaya

"Diens bly maar 'n probleem by eetplekke. Lekker plek om te ontspan en sy natuurskoon is onbeskryflik."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

De Ark Mountain Lodge

"Die dorpie as sulks is 'n kunstenaar se droom, maar die winkeltjies is net baie duur aangesien dit uitsluitlik op toerisme gemik is. Die omgewing spreek God se almag. Hierdie is 'n plek waar ek sal kan bly. "

Eureka, Oos-Vrystaatse Hooglande

Sunny Africa

"Sal beslis Eureka vir enige persoon aanbeveel! "

Bethlehem, Oos-Vrystaatse Hooglande

La Motte Gastehuis

"Ideale ligging, maar ek sal eerder bietjie verder ry en in Clarens oorslaap. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rooikat Cottage

"Dis net lekker om daar te kuier, of jy gaan om te rus, te stap, om inkopies doen, te eet of koffie te drink.....wat ook al, dis lekkerrrrr!"

Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande

Gaffie's

"Perfek! Die mense in die dorp was vriendelik en ons was verras deur die kunstenaars wat daar was. Ek hoop ons kry weer die geleentheid om Rosendal te besoek. "

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Talking Trees Self-Catering House

"Clarens is bekoorlik tussen die berge... baie om te doen om te ontspan!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Red Mountain House

"Uitstekend as mens net wil wegkom en rus!"

Blad
Blad 142 - Wys 4231 tot 4260
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem