Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15670 resensies.
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Accommodation"Clanwilliam is 'n juweel om ontdek te word."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Betty Boop Kothuis"Die pragtige ou huise en geboue het my bekoor. Die ouwêreldse gevoel maak mens rustig. Eseltjiesrus 'n moet. Die Saterdagoggend markie met mense en honde was heerlik."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Cellar1947"Robertson is 'n pragtige plek. Ons was verras oor die mooi en skoon paaie en dorpies. Sal beslis weer daar gaan kuier."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Slanghoek Mountain Resort"Die omgewing bied baie - Goudinin Spa is 6,5km van die oord, daar is verskeie staproetes, 'n restaurant is 'n klipgooi ver, daar is wynkelders om te besoek in die omgewing."
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
Lekke By Die See"As jy wil partytji hou met liters drank en harde musiek is Dwarskersbos die verkeerde plek vir jou. As jou siel rustigheid, skoon lug en kilometer lange strande en asemrowende sons ondergange soek is Dwarskersbos presies waar jy moet wees."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Blombosch Game Lodge"Daar is nou 'n oulike klein sentrum met al die basiese geriewe soos nodig. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik en behulpsaam."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Slanghoek Mountain Resort"Asemrowend mooi, stukkie hemel op aarde."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Kenjockity"Lekker plekkie en redelik naby aan Kaapstad geleë vir 'n naweekwegbreek."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Bergview Guesthouse Swellendam"One really does have to travel very far to find nice places in and around. Also, many places close very early."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
BlueSky Arniston Boutique Guesthouse"Die plaaslike gemeenskap se huis restaurante is 'n wenner. Eerlike, down to earth kos."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Betty Boop Kothuis"Die dorp en sy mense het my verwagtinge oortref. Covid kon dalk 'n invloed gehad het, maar die eetplekke is nie oop elke dag nie en dit wissels van een eetplek na 'n ander. Miskien moet die eetplekke hul websites net opdateer oor hul ure en dae beskikbaar."
"Ongelooflike dorpie! Ons het orals geëet en koffie gedrink en orals het die eienaars met jou gesels asof jy vriende is. Jy was welkom orals en het die beste diens gekry. Die kos word presies soos jy gevra het aangebied en selfs as jy kreatief raak met 'n drankie maak hulle 'n plan. Die dorpie se sekuritiet is wonderlik - die oomie ry op sy scooter deur al die strate. By die plaaslike markie word jy bederf met 'n verskeindenheid produkte om van te kies en te keur."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kelp Cottage - Garden rooms/tuin kamers"Lekker rustige atmosfeer en vriendelike mense."
"Agulhas is werklik iets om te beleef, van die ligtoring tot die suidelike punt van Afrika en die dorp se atmosfeer."
"Die hoofstrand was fantasties, een van min plekke waar 'n mens in n restaurant kan sit terwyl die kinders op die strand speel. Die rotse op laagwater is vol oesters en lekker vet mossels en ons het binne minute 'n smul lekker ete self bymekaar gemaak. Die riviermond en see bied een van die beste hengel bestemmings in Suid Afrika."
"Dis n pragtige dorp, so ryk aan kultuur en geskiedenis. Ons het veral die wandelpaaie geniet"
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
After8 Bed and Breakfast"Looking forward to the summer season, lovely town."