Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 15861 reviews.
Brandwacht, Escape From Cape Town
Feel @ Home"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
Paternoster, Escape From Cape Town
Just Rest"'n Lekker wegbreekplek wat nie te ver van die huis af is nie."
Montagu, Escape From Cape Town
Goedemoed Farm Cottage"Pragtige, rustige dorp met eiesoortige karakter."
Agulhas, Escape From Cape Town
Huis van 2 Oseane"Wonderlike ervaring selfs vir ons wat al jare in die Wes-Kaap woon. Die natuurskoon en omringende oseane is asemrowend."
Swellendam, Escape From Cape Town
Hermitage Huisies"Meer as genoeg buite-vermaak en goeie restaurant sowel as beeldskone parkrun in die heuwels."
Montagu, Escape From Cape Town
Airlies Historical Guesthouse"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Picollo Bocca Villa"Kleinmond is 'n liewe plekkie, mooi, skoon uitsigte. "
Klapmuts, Escape From Cape Town
Groendraai Accommodation"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Jongnooientjiesfontein"Baie mooi en gesellige dorp met lekker mense en rustigheid."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Daisy Cottage"Daar is so baie om te sien en te doen in die omgewing. Ons is spyt dat ons nie twee nagte hier oornag het nie. Wou graag die ander plekke (soos aanbeveel in die Weg tydskrif), maar ons tyd was net hopeloos te min. "
Montagu, Escape From Cape Town
Bon Accord Farm Cottages"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
Worcester, Escape From Cape Town
Suné's Self Catering"Ons ken Worcester en omgewing. Vir ons altyd lekker om daar verby te ry en iets te geniet."
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"Wat 'n pragtige omgewing. Het baie blommetjies gesien en het Tietiesbaai ontdek. Asemrowende uitsig en natuur."
McGregor, Escape From Cape Town
Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1"Hierdie plekkie is pragtig en nie kommersieel nie!"
Brandwacht, Escape From Cape Town
Feel @ Home"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Krakadouw Cottages"Clanwiiliam is 'n oulike dorpie. Die restaurant net 'n bietjie duur."
Langebaan, Escape From Cape Town
Long Acres Bahamas Accommodation"Behalwe vir die wind wat erg gewaai het kan ek nie veel sê nie behalwe dat Langebaan al amper net so groot soos Kaapstad is. Was heelwat verbaas oor al die uitbreidings."
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
On the Beach"Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die vinnige uitbreiding van groot massiewe huise orals wat Yzerfontein se Weskusdorpie-atmosfeer opgeslurp het. Groot jammerte!"
Langebaan, Escape From Cape Town
Lagoonside @ 77"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."