Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15946 resensies.
Blouwaterbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kyki-C"Sal dalk net die strand bietjie meer skoon hou by die hawe."
"Mooi en interressante dorpie. Heelwat om te doen in omgewing. Verbasend goeie restaurante."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Karoo Art Hotel"Barrydale is maar 'n redelike one-horse town - so OK vir 'n middagete of oorslaap maar dis ongeveer dit."
Blouwaterbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Blue Bay Lodge & Resort"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa Insolventa"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Andra's Self-catering Accommodation"Mooi dorpie. Lekker naby die see met alle nodige winkels."
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Blessings Self-catering"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Pragtige klein dorpie wat alles bied wat 'n reisiger nodig het. Oulike restaurante."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Opstal"If you are interested in birding then this is the place to be. Different places to visit close by. Shops adequate."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster Manor"Paternoster is an out of the way fishing town where you can get lost and away from the busy city life for a few days. Peak season requires timeous bookings for any meals. Great weather and tranquil environment. "
Van Riebeeckstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
C'est La Vie Self Catering Apartment"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
Voor-Paardeberg Wyn Wyk, Ontsnap Uit Kaapstad
Lady Loch Guest House"Lieflike area, met Paarl naby en historiese besienswaardighede."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1"Rustig, pragtig, beslis 'n aantreklike toeristebestemming."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Baywatch Villa and Cottage"Het my hart verloor op die pragtige plekkie....."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
DuVon Farmhouse"Baie mooi dorp en omgewing met die beste wyn in die land. "
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
Cape Agulhas Guest House"Sal beslis weer hiernatoe kom as ek 'n kans kry. Daar is nog so baie wat ek wil sien en doen!"
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
A Hilltop Country Retreat"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."