Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Rawsonville is stil en rustig maar daar is ook heelwat om te sien en doen. Dit is ook gerieflik naby aan 'n groot winkelsentrum en naby genoeg aan Kaapstad. Oulike plek. Sal weer daar gaan besoek aflê."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
Rooiheuwel Cottage"Ons het nie regtig gegaan om toeristebestemmings te besoek nie, maar wel om net 'n rustige naweek weg van die gewoel te geniet. Ek weet egter dat Wellington ryk is aan geskiedenis en sou graag meer daarvan wou weet en plekke van belang besoek as ek meer tyd vir rondry gehad het. "
"A really chilled out destination. Our kids were never bored, as we could alternate between nature walks, all the wine farms are child friendly too with options of chocolate tasting etc. An easy place to visit. Even in the middle of winter!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
La Mer"Alles wat n mens nodig het is daar, asook interessante winkeltjies, en dit is so geleë dat 'n mens nog die omliggende omgewings ook kan geniet. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Karoo Art Hotel"Barrydale is stil en rustig maar die omgewing is pragtig en ons het verskeie dag uitstappies gedoen. Daar is wonderlike restaurante op die dorp en die plaaslike kinder Rieldans groepie het ons vermaak by die hotel."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Ballinderry, The Robertson Guest House"Die wynplase is pragtig, die mens gasvry en die wyn lekker. "
Onderpapegaaiberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Stellenbosch Cottage"Die plek is baie netjies en beskik oor alle geriewe."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Ohana Self Catering"Ek wil nie graag se dit is 'n uitstekende bestemming nie want ek is bang dit word oorval. Dit is so rustig. Sal baie graag Jacobsbaai in die somer wil besoek."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Le Mahi Guest House"Langebaan is 'n awesome plek - sal weer besoek."
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Aire del Mar Guesthouse"Ek was aangenaam verras met hoe groot die plek geword het vergeleke met 20 jaar gelede. Verder was ek verstom oor die aantal operateurs wat mense uitneem om na die haaie te gaan kyk. Ek dink min mense weet hoe groot die bedryf is by Kleinbaai."
"Pragtige toeriste bestemming. Veilig en rustig. Naby genoeg om Hermanus en omgewing te verken. "
"Agulhas is die suidpunt van Afrika en 'n pragtige dorpie. Ek voel dit is belangrik vir enige toeris om daar 'n draai te maak."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Centre-Ville Guest House"Dis 'n pragtige dorpie met baie om te doen."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Randrivier Guesthouse"Goeie toerisme dorp. Ons het die wynplase baie geniet."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Yellow Aloe Guesthouse"Pragtige gasvrye dorpie, plattelandse hartlikheid."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Sandbaai Country House"Goed geleë, baie naby Hermanus en Gansbaai waar ons baie walvisse gesien het! Nie te ver vanaf Kaapstad nie."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Pragtige dorp met baie eetplekke en ou historiese geboue."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Linge Longa"Ek self is gebore en getoë in Worcester. Ken die dorp en sy mense. Baie lekker om daar te kuier en besienswaardighede te besoek. "
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Slanghoek Mountain Resort"Rawsonville en omgewing is pragtig en daar is die mooiste natuur rondom jou en baie plekke wat jy kan besoek, dus is Rawsonville baie lekker om te besoek."