Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Mosselbaai self is 'n baie lekker dorp om in vakansie te hou. As jy bereid is om die verkeer te trotseer in die vakansie-tyd, kan jy maar gaan. Maar die verkeer is baie erg oor vakansies. Dit bly steeds ons gunstelingplek om vakansie te hou."
"Die vriendelikheid van al die mense daar is wat vir my die beste was. Almal is gesellig en behulpsaam. Kerkklokke wat lui van vroeg op 'n Sondagoggend is iets onvergeetlik. Het diens bygewoon by die Nuwe Apostoliese Kerk en was baie hartlik verwelkom. Sal enige tyd weer op Oudtshoorn kuier."
"Wildernis is 'n onbeskryflike mooi dorp met van die skoonste strande wat ek al ooit gesien het. Ons is mal oor Wildernis en sal weer gaan."
"Lekker plek om te kuier, net baie warm en kan doen met 'n see."
"Ons besoek Mosselbaai nou al vir die afgelope 4 jaar en dit is vir ons 'n baie mooi plek. Die mense is gaaf, die atmosfeer is kalm en die plek self is baie mooi. So ja, aftrede daar sal ek beslis oorweeg."
"Uniondale is 'n tipiese plattelandse dorpie wat baie verwaarloos en vervalle is, behalwe vir 'n koffiewinkel in die hoofstraat waar ons koffie gedrink het op pad terug George toe. Tenspyte van die agteruitgang van die dorpie was dit steeds lekker om te gaan kyk hoe dit daar lyk en ons sal in die toekoms teruggaan, maar ons sal nie in die dorp oorbly nie."
"It's a small piece of heaven and we as a family enjoyed each moment and we made quite a few memories."
"Baie mooi en skoon dorp tussen die berge. Daar is heelwat restaurante om van te kies. Daar is net nie baie beskikbaar vir aandete nie."
"Indien niemand nog die voorreg geniet het om langs die Tuinroete te ry nie, het hulle beslis iets gemis."
"Lovely small town with interesting things to see and good food."
"Space for small children to play in the river and the sea. Ideal for kite surfing, swimming, hiking, park runs on Saturdays and many more outdoor activities."