Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Suzel S. - 13th January 2020
staying in Witsand, Tuinroete
Witsand is 'n wonderlike bestemming. Lekker om op lang strande te stap. Swemstrand het lewensredders, goed versorgde badkamers en storte. Daar is poele om in te snorkel.
Johan B. - 13th January 2020
staying in Suid-Kaap, Tuinroete
Stilbaai is onverbeterlik.
Lize M. - 13th January 2020
staying in Danabaai, Tuinroete
'n Onvergeetlike ervaring!
Christen V. - 13th January 2020
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Was skoon, mooi en 'n lieflike omgewing.
Tania G. - 13th January 2020
staying in Hartenbos, Tuinroete
Love Hartenbos en sal definitief weer gaan.
Chantel W. - 13th January 2020
staying in Gouritsmond, Tuinroete
Gouritsmond is 'n vissers- en aftreedorpie. Daar gaan nie veel aan nie, nie eers oor Desember nie - daar is 1 restaurant en 'n algemene handelaar, wees vir seker, as jy vakansie gaan hou op Gourtismond dat jy 'n groot gedeelte van jou vakansie gaan ry (as jy nie gaan om vis te vang nie).
Rika B. - 13th January 2020
staying in Danabaai, Tuinroete
Danabaai is fantasties.
Mari F. - 13th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Lekker plek.
Elsie S. - 13th January 2020
staying in Gouritsmond, Tuinroete
Pragtig, rustig, een groot familie.
Marianne L. - 13th January 2020
staying in Hartenbos, Tuinroete
Bit crowded for December but enjoyed the destination with lots to do for both adults and children.
Nico J. - 13th January 2020
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Uitstekend, was ons 2de keer hier. Veilig, skoon, beeldskoon natuur, fantastiese hardlooproetes. Beplan moontlik aftrede by Pinnacle Point.
Rosemary M. - 13th January 2020
staying in Riversdal, Tuinroete
Beautiful town with a rich heritage.
Marie M. - 13th January 2020
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Bly 'n baie mooi en lekker plek. Weer is fantasies. Sal vir my 'n huis koop in Mosselbaai om af te gaan tree.
Allen S. - 13th January 2020
staying in Denneoord, Tuinroete
Rustige woonbuurt, sentraal tot al die winkels en snelweg.
Shanique F. - 12th January 2020
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Great place - we experienced what we could.
Jacobus Petrus H. - 12th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Ons het 'n aangename stap op die Gamkaberg kultuuroete gehad. Die plantegroei is interessant, veral die spekbome. Die reservaat is goed versorg.
Sandra M. - 12th January 2020
staying in Knysna, Tuinroete
Die natuurskoon is treffend. Knysna begin ongelukkig eers dienste lewer vanaf 12 vm en mens sukkel om iewers ontbyt te eet. Nie regtig toeriste-vriendelike bestemming nie.
Dirk L. - 12th January 2020
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Tradisionele rustige kusdorpie. Naby genoeg aan Stilbaai vir die wat meer aksie wil he.
Dogan W. - 12th January 2020
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Lovely beaches, Enrico's is a fantastic place to chill, but does get rather busy.
Marisa K. - 12th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Groot dorp waar alle benodigdhede verkrygbaar is. Verskeidenheid restaurant en dan natuurlik die beste Karoo en natuur waarnemings, soos bekende grotte en diere parke wat die vriendelike toergidse sal interessante maak. Bly ten minste een nag.
Magdanëil T. - 12th January 2020
staying in Mosselbaai, Tuinroete
I fell in love with Mossel Bay 6 years ago. I will always go back there.
Attie V. - 12th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Bevooroordeeld,hier groot geword. Was altyd 'n belangrike toeristebestemming.
Ryno J. - 12th January 2020
staying in De Rust, Tuinroete
Baie mooi klein dorpie, maar vir iemand jonk is daar niks om te doen nie.
Hennie V. - 12th January 2020
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Nog steeds naby genoeg aan die see al moet jy ry.
Annalie V. - 12th January 2020
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
Netjies met 'n pragtige uitsig en staproetes. Vriendelike diens. Klubhuis was gesellig en professioneel. Ons kon die natuur in ‘n veilige omgewing verken en geniet.
Maurice C. - 12th January 2020
staying in Reebok, Tuinroete
Perfek vir Klein-Brak-strand. Nie besig in Desember nie.
Jo-linda N. - 12th January 2020
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is 'n ongelooflike toeristebestemming, sal definitief weer daarnatoe gaan.
Mandla M. - 12th January 2020
staying in Thesen Islands, Tuinroete
Great holiday destination that we always return to.
Chantel R. - 12th January 2020
staying in Wildernis, Tuinroete
Pragtige strande, vriendelike mense, lekker aktiwiteite en George is net 10 min weg as jy smag na groot inkopiesentrums.
Philip M. - 12th January 2020
staying in Voorbaai, Tuinroete
Sentraal geleë tussen Mosselbaai en Hartenbos, naby alle vermaak en winkels.
Ilse V. - 12th January 2020
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Asemrowende en skoon omgewing.
Desmond B. - 11th January 2020
staying in Knysna, Tuinroete
Pragtige plek vir toeriste met uitstekende restaurante en ontspannings-aktiwiteite.
Adwina T. - 11th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dis 'n asemrowende plek om vakansie te hou.
Anthony S. - 11th January 2020
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Pragtige plekkie met al die nodige benodigdhede. Het Ocean Basket gemis (ons gunsteling-restaurant).
Zilla S. - 11th January 2020
staying in George, Tuinroete
Ongelooflike dorp met vriendelike en aktiewe mense. Baie skoon met geen slaggate of ander munisipale probleme nie. Sal beslis weer gaan.
Anina M. - 11th January 2020
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Great that it's not as busy as Hartenbos and Mosselbaai but close enough to drive in every day.
John K. - 11th January 2020
staying in Heatherlands, Tuinroete
Stil, veilige omgewing, selfs busdiens is beskikbaar.
Joubert V. - 11th January 2020
staying in Santosbaai, Tuinroete
Bou meer van die grasdak afdakkies op die strand. Plant ook meer palmbome. Dit skep 'n mooi prentjie.
Cecilia J. - 11th January 2020
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is rustig en alle geriewe soos winkels, eetplekke ens. Is binne maklike bereik. Die inwoners is vriendelik en baie behulpsaam ons sal definitief weer daar gaan kuier.
Johan A. - 11th January 2020
staying in Piesangvallei, Tuinroete
Al wat ek kan sê is dis 'n asemrowende gebied en ek sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za