Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1598 resensies.
"Uvongo is wonderlik en mooi, maar die maagvirus in die Uvongo-area het ons amper ondergekry. Gelukkig kon ons goed in die woonstel rus."
"The practicing of Covid-19 protocols in Margate was not practiced. Very alarming as we have this highly transmissible Omicorn variant that has ravaged our country."
"Moet nie in die see swem lanks Laguna La Creta nie. Gaan eerder by die pad af na Lucien Beach. Anderstes is Uvongo 'n okei plek om te bly."
"Ten spyte van die besoedeling agv die lagoon en die rivier was die area en dorp ook skoon gewees. Daar was genoeg ander strande om Uvongo om by te gaan ontspan."
"Sentraal geleë tussen gewilde strande en naby aan Wild Coast Sun vir reëndae."
"Net jammer oor die e-coli in die hoofstrand se water wat ons hele gesin siek gemaak het. Manaba strand was 'n beter swemstrand."
"Uitstekende swemstrand en toereikende besighede vir noodsaaklikste benodigdhede."
"Ramsgate is 'n eersteklas-vakansiebestemming met iets vir elke smaak. Die blouvlagstrand is 'n bekende trekpleister, maar daar is ook 'n verskeidenheid van doendinge en interessante besighede om te verken. Hier kan jy maklik 'n week of twee deurbring sonder om verveeld te voel, en terselfdertyd genoeg asemskep om weer volspoed te werk."
"Strand bietjie besig party dae, wat seker heeltemal verstaanbaar is vir Desember, maar nooit vreeslik crowded. Lekker plek om vakansies deur te bring, net jammer dis te ver van Gauteng om meermale te gaan."
"Pratige plek en als is om jou jy hoef nie baie ver te ry na winkels toe nie. Eetplekke is volop en by jou."