Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6942 resensies.
"Ons was verlede jaar ook in dieselfde area. Die area het agteruitgegaan. Strate is vuil en onversorg. Munisipaliteit kan meer aandag gee."
"Ek is mal oor Uvongo. Dis lekker rustig met alles wat jy nodig het. Die strande is skoon en netjies."
"Ek hou baie van die Suidkus, veral in Junie en Julie. Dit is nie so warm soos in die somer nie."
"Mal oor Umhlanga, lekker vibe, veral by die village. Ek is net bly ek hoef nie elke dag met 'n handrat kar daar rond te ry nie. Lekkere baie bulte en opdraendes by interseksies. Sal weer terug kom Umhlanga toe."
"Durban for SA people is good as we are used to such situations but for internationals, I wouldn't recommend it as safety is not a high priority."
"Margate het baie agter uitgegaan, ek onthou die dorp as van die besigste en lekkerste plek om te gaan vakansie hou. Ons het ver moontlik uit die dorp gebly, baie gewilde winkels was leeg, moontlik deur Covid veroorsaak. Baie hartseer!"
Sentraal Drakensberge, KwaZulu-Natal
Goodhope Country Escape"'n Asemrowende omgewing en heerlike wegbreek-toeristebestemming met baie om te sien en te doen."
"Die weer was fantasies. Kon lekker in die see swem in die middel van die winter."
"Heelwat nabye strande kan ook besoek word - beurtkrag is natuurlik vir almal 'n kopseer."
"Riolering blyk oral in die Manabe/Margate/Uvongo omgewing 'n probleem te wees; heelwat dreine wat oorloop, ens. Maar die strand by Manaba was skoon en heerlik."