Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Fouriesburg bied nie veel nie, maar Clarens en Godengate is nie te ver nie en dit maak Uitzight 'n lekker bestemming."
"Paaie was in 'n skokkende toestand! Glad nie 'n plek om nodige inkopie-tekorte aan te vul nie, kry gerus alles in nabygeleë dorpe soos Bethlehem voordat u soontoe vertrek."
"Wens net die regering wil die paaie in stand hou! So pragtige bestemming ons ry graag deur die Oos-Vrystaat en spandeer lekker as toeriste ons ekstra spaargeld. Maar die toestand van die paaie maak dat ons, ons roete sal heroorweeg in die toekoms."
"Geleë in mooi deel van die Oos-Vrystaat, met 'n ryk geskiedenis. Net jammer oor die slegte paaie soontoe en in die dorpie self."
"Clarens gaan agteruit. Grondpaaie absoluut onbegaanbaar. Stank hang oor plein veral by eetplekke. Straatoppervlaktes is in haglike toestand. Andersins is Clarens se natuurskoon nogsteeds asemrowend."
"Lieflike omgewing, maar wat die dorp self betref, word daar 'n groter ophef van gemaak as wat dit werlik werd is."
"I loved the place. Perfect for a birthday weekend. We thoroughly enjoyed ourselves."
"Die munisipaliteit sal dringend moet kyk na water en kragvoorsiening na die mooi plekkie. Die teerpad is bykans onrybaar met vele slaggate."