Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Lovely Overberg town, useful tourism information centre, well-positioned to tour the Overberg area and the excellent R62 wine route."
"Mooi en veilige paaie, vriendelike mense en baie om te sien en te doen. Ons beveel Bird's Island, Isabella's en Muisbosskerm aan (Lambertsbaai), Die Rooi Stoor padstal naby Elandsbaai en 'n kuier by Strandfontein se mooi strand."
"Pragtige plek en baie rustig soos die naam natuurlik weergee. Die strand is baie baie mooi."
"Kan nie kla nie. Lekker vakansiestad. Lekker eetplekke. Sommer net baie lekker."
"Dit was vir ons 'n goeie opsie om oor te slaap op ons roete op pad terug na Pretoria toe."
"Vir toerismebedryf sal dié werk as jy stilte soek. Daar is nie baie mense van so aard dat die strand vol is nie."
"Daar is baie om te sien en te doen. Die toere wat jy vooraf kan bespreek is baie goed georganiseer."
"Ek ken die Paarl redelik goed, maar nie my gesin nie. Ons sal beslis weer kom. Ek wil hulle nog die Taalmonument ook gaan wys! My man wil ook weer gaan. Alhoewel ons familie het daar, wil ons graag by ons eie plekkie oornag."
"Covid 19 het ongelukkig baie van die besighede swaar getref."
"For a 7 day holiday I find it is a bit far from other possible places to visit. Knysna, by nature, can be viewed as a destination to visit when you want a relaxed holiday. Otherwise be prepared for driving +50 km."
"Baie ryk aan geskiedenis en rustige omgewing naby groot winkels en baie vir jonk en oud om te doen. "
"Ons het verlief geraak op Stellenbosch. Dit het al ons verwagtinge oortref. Die atmosfeer; kwaliteitrestaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en inwoners van Stellenbosch is fantasties. Alles wat jy nodig het om te sien is net 30 tot 40 minute se ry uit Stellenbosch uit. Die beste ankerpunt om jou vakansie volmaak te begin en af te sluit. Dit sal julle seker nie verbaas dat ons uitkyk vir eiendom op ons oudag in Stellenbosch nie."
"Ons tyd was beperk, maar die netheid van die dorp, mooi en goedversorgde tuine was opvallend. Baie besienswaardighede en goeie restaurante."
"Dit is 'n karaktervolle dorp vol geskiedenis en en die besonderse, skoon omgewing en vriendelike inwoners help om jou te laat voel dat 'n Franschoek-besoek die moeite en uitgawe werd maak. 'n Besoek aan die Hugenote Museum is 'n moet. Eetplekke verskil in prysvlakke wat dit vir alle sakke 'n ete in karaktervolle eetplekke moontlik maak."