Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Lovely place, very chilled, most shops and businesses closed on a Saturday afternoon."
"Vriendelike mense. Baie lekker geëet by T-junction. Die dorp is net baie klein. Daar's genoeg om jou 'n dag besig te hou maar daarna sal jy na n ander dorp moet ry."
"Baie rustige plek, maar so baie om te doen en te sien. Baie lekker eetplekke."
"Picture perfect, with unique, hidden gems along the way."
"'n Pragtige stil kusdorpie langs die see met pragtige uitsigte oor die see of binneland na die berge."
"Baie netjies en was verbaas oor al die interessante winkeltjies/restaurante wat ontstaan het."
"Pragtige vakansiedorp. Ander naby geleë plekkies word gou bereik. Groot winkelsentrum wat inkopies vergemaklik."
"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Die plek is netjies en skoon en word goed onderhou. Die mense in Danabaai is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons bly elke jaar verskeie kere daar, weg uit Knysna se gewoel maar naby al die besoekersopsies van die omgewing."
"Wees voorbereid: geen kafees of wegneem ete plekke na ure nie, en min op Sondae. Beplan dus om voor 19:00 in die aand daar aan te kom anders gaan jy honger slaap. Neem muskietwerende goed saam . Die hele land se muskiete kom hier bymekaar wanneer die son sak."
"Wat 'n pragtige, goed bewaarde en aangename dorp, in 'n pragtige omgewing en soveel om te bied. "