Geverifieerde Resensie
Bojanala
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bojanala bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 754 resensies.
Pilanesberg Nasionale Park, Bojanala
The Kingdom Resort"Ons is elke week daar en raak nooit moeg vir die park nie! Jammerte oor die groot brand en behalwe vir die ontydige betogings elke dan en wan, is als op die pad Pilanesberg toe en in die omliggende areas 'n plesier!"
"Kgaswane Natuurreservaat en Brauhaus am Dam op die Olifantsnekpad is twee van my gunstelingbestemmings. 'n Móét draai by die twee plekke. "
"Maak gerus 'n draai by die Ou Stasie in Swartruggens, 'n reuse versameling oudhede en interessanthede."
"Net jammer van die plakkers in die middel van die woongebied. Dit is uiters afbrekend en 'n mens voel onveilig om daar te ry in die aand."
"Brits het 'n klomp plekke in die omgewing, soos venues en natuurreservate. Dit is dus sentraal genoeg om na al hierdie plekke toe te gaan."
"Die kruidenierswinkel se voorraad is maar min en nie 'n groot verskeidenheid nie, bv. geen slaai bestanddele nie. Ons moes Rustenburg toe ry vir inkopies."
"Ek persoonlik dink dit is 'n aangename, mooi en maklik bereikbare omgewing van enige plek in Gauteng. Baie om te sien en te ervaar as jy baie tyd het."
Pilanesberg Nasionale Park, Bojanala
The Kingdom Resort"Ons het soveel diere gesien en die park is baie goed onderhou! Sal beslis weer gaan en enige tyd aanbeveel."
"Mooi dorpie met baie interessante besienswaardighede. Darem net baie baie jammer vir die probleem met die hiasinte, maar ons glo daar word aandag aan gegee."
"Skeerpoort is ideaal geleë as jy Harties wil besoek, maar in 'n bietjie stiller area verblyf verlang. Die area is baie mooi. Die bergreeks veral."
"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
"Hou van die stilte. Naby genoeg aan moontlike bestemmings in die omgewing. Dit is 'n klein dorpie wat 'n sjarme van sy eie het. Sal graag meer tyd daar en in die omgewing wil spandeer. Het gesukkel om inligting te kry oor wat in die nabye omgewing te doen en te sien is."
"Die strate in die omgewing is in 'n slegte toestand met al die potholes. Daar kan dalk ook gekyk word na straatligte in die hoofstraat, dit sal besoekers help om snags hul bestemmings makliker te breik as jy vreemd in die omgewing is."
Pilanesberg Nasionale Park, Bojanala
The Kingdom Resort"Road to and from Pilansberg National Park full of potholes and not a relaxing drive. Restaurant staff not customer orientated, service definitely needs to be improved."