Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3169 reviews.
"Willow Cottage is baie naby die uitstekende Wilgers privaat hospitaal. Alhoewel die omgewing stil en rustig is, het dit maklike toegang tot die vernaamste snelweë."
"Dis 'n stil area en ek het baie veilig gevoel. Selfs die verkeer is baie min."
"Naby aan die hospitaal geleë wat dit ideaal maak vir hospitaal en dr's besoeke."
"Our first time in Johannesburg and Fairlands was an ideal place to stay and find our way to places we wanted to go."
"Wes-Rand bied jou die wonderlikste plekke om te besoek. Jy kan nooit vervelig wees nie vanaf die stilte van die natuur tot en met die avoontuurjunkie kan iets kry om jou besig te hou."
"Die hospitaal en mini-sentrum is loopafstand en is in 'n baie veilige area."
"Met Atterbury Value Mart net om die draai kon ons sommer baie van ons inkopies daar gedoen kry. Beslis ‘n plus vir ons plattelanders!"
"Die R320 fooie was ongelukkig 'n mors van geld. Ons het feitlik geen diere gesien nie en middagete by die Kingfisher restaurant was 'n groot teleurstelling."
"The reserve is a great place to travel, however one needs to get a reliable lodge to book in."
"Mystic Monkeys and Feathers is definitief 'n plek wat die hele familie kan gaan sien. Baie verskillende diere en voëls om te sien."
"Nabygeleë en bekostigbaar vir almal met baie om te sien en te doen."
"A nice variety of game and although you may not see all of the big five (which they have) you will not be disappointed. Now one doesn't need to travel out of Gauteng for a game reserve experience."
"Kruger Wildtuin bly koning maar minder as 'n uur se ry vanaf Pretoria maak Dinokeng 'n uitstekende bestemming. "
"Die Boekenhoutkloof pad kan beslis doen met 'n skraap. Die selfry-fooi moet na gekyk word met betrekking tot meer as drie dae, asook die besluit voor die tyd van wanneer jy gaan ry. Dit sal baie help indien jy 'n vasgestelde bedrag betaal en dan kan ry wanneer jy wil (solank dit ook net nie 'n buitensporige bedrag is nie). Die hekwag by die Wildernis Roete hek is nooit teen 06:00 soggens aan diens nie. Ons was twee keer teen net na 06:00 by die hek met niemand om te help nie. Dit sal beslis veroorsaak dat mense onwettig die selfry-roetes sal gebruik."
"Pragtige plek met verskillende dele om verskillende wilde diere te sien. Rustig en perfek om jou dag te spandeer."