Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Rustig, pragtig, beslis 'n aantreklike toeristebestemming."
"Intieme dorpie met genoeg winkeltjies en bekostigbare goeie eetplekke. Gunsteling dorp in die Karoo. "
"Die restaurante se besigheidsure is net bietjie swak. Enigste plek wat oop was vir aandete was Spur. Mens wil tog nie elke keer by Spur eet nie. Dit raak afgesaag."
"'n Fantastiese pragtige plekkie wat my aan my kinderjare laat dink. Gaan definitief weer daar kuier."
"Lovely little country village with so much history, and places and small businesses to explore."
"Een liefelijke plek met zeer vriendelijke mensen, genoeg te doen in de directe omgeving."
"Pragtige dorp en so boomryk. Wolfkloof is 'n wonderlike plek vir eninge onthaal met net sulke puik en vriendelike mense. Ek hou van Robertson dit is 'n dorp wat op jou groei."
"Wonderful surrounding countryside. Friendly towns people. Peaceful. Easy access to "must visit" places like Seweweeks Poort, Redstone Mountain country, Swartberg Pass, Rooiberg Pass. Excellent wines and fruit. Wonderful."
"Perfekte plekkie om bietjie weg te kom van die stad se lawaai, maar naby genoeg dat dit jou nie 'n plaas se geld kos om daar te kom nie. Dis een van die klein dorpies waar jy voel jy is op die platteland, maar nog steeds al die geriewe het."
"McGregor het 'n eiesoortige karakter wat groot aanklank vind by die stedeling op soek na rus en vrede. Dit sou baie gerieflik wees indien daar 'n pad tussen McGregor en Greyton kon wees. Die 'ompad' per motor tussen die twee dorpies was so vlak bymekaar is, neem ongeveer 2 ure om te ry. Ek verstaan egter dat elk van die dorpies sy eie karakter wil behou en nie ineen wil smelt nie."
"'n Pragtige dorp met die mooiste ou huise. Die restaurant wat ons besoek het, het die lekkerste appeltert en roomys gehad en die diens was vriendelik. Ons het deur Seweweekspoort teruggery en alhoewel dit amper deur 'n veldbrand verwoes was, herstel dit goed en gaan dit oor 'n paar jaar weer een van die mooiste natuurwonders van ons land wees."
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Ladismith is 'n vriendelike dorp, 'n goeie voorbeeld van eg Suid-Afrikaanse gasvryheid."