Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Maak gerus by Nonstop Fitment Centre 'n halweg-stop vir jou motor se meganiese checkup. Victor is die eienaar en gaan uit sy pad om jou te help. My slaapwa se wielbearings het verloor en hy het sy sleepwa s'n afgehaal om my te help. Baie dankie daarvoor."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."
"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."
"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."