Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Ek het net deur Steynsburg gery op die langpad. Hiervoor is dit 'n baie gerieflike oornagplekkie."
"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."
"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap."
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Ons is gewoonlik op pad êrens heen as ons deur Colesberg gaan, maar ek is seker daar sal baie te doen wees vir die Karoo siel."
"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "
"Daar was 'n hele aantal mense wat 'n luide partytjie by die wal gehou het. Musiek het geblêr, lywe het rondgeswaai, mense het hard geskree en papiere was die wêreld vol. Hierdie tipe gedrag moet bekamp word sodat almal wat daar kom dit kan geniet en nie net 'n klomp mense wat geen plek aan ander gun nie."
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."
"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."