Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6800 resensies.
"Nie tyd gehad om veel te doen nie, maar was verras oor hoe groot en skoon die dorp was."
"Ballito is ons vakansiebestemming vir die laaste paar jaar. Die strande word goed onderhou. Ons loop elke dag op die promenade en op die strande. Ons het dit nog altyd veilig gevind."
"Umhlanga is bietjie sleg geaffekteer na die vloede, see is besoedel met riool agv die rioolstelsels wat na die vloede nog nie reg gemaak is nie. Kort dringende aandag. Slegte reuk wat in die lug hang en kan nie op die see kom nie."
"We have been there several times but later in the season. Then it is a more lively place. Plenty of activities to spend your time."
"Typical rural community place. Meals can be enjoyed in the Anew hotel and in the Ngweni Railroad Brewery next to the nursery with the same name just outside the village."
"Richards Bay in bad weather and out of season is not recommendable. But Porky's restaurant on the golf estate was very good."
"Dis 'n klein dorpie met nie veel om te doen nie. Ons was nie daar vir vakansie nie, maar wel vir 'n troue."
Nottingham Road, KwaZulu-Natal
Glen Ormond Guest House"Puik plekke om te verken, met goeie eetplekke."
"Lieflike ontspan dorpie by die see. Die buitekant van meeste van die geboue in Umdlloti kort egter dringende aandag."
"Ons was nou al 'n paar keer daar oor die jare, ek moet eerlik se die dorpie self, die hoofstraat is baie netjies en gesellig met al die resturate en winkeltjies, die strandself is ook darem skoon maar die geriewe is vreeslik verwaarloos, daar is geen water om die badkamers te kan gebruik nie, kan nie die ergste sand afspoel nie, van die wagte wat jou voorkeur en jou deursoek vir drank laat mens amper onwelkom voel. Ons was uit op die boot in die meer, dit was baie lekker, maar die Crocodile Centre is vreeslik verwaarloos, jy betaal om in te gaan en dan is geen poging aan hulle kant om dit lekker en opwindend te maak vir die kinders nie, daar was 'n man wat vrywillig (nie by hulle werk nie) ons deur gevat het (hy werk maar vir fooitjies), ons was baie teleurgesteld."
"Baie mooi area. Lekker eetplekke. Net jammer vir die water wat besoedel is en kon nie die strand gebruik nie."
"Ons het nie regtig die strande besoek nie. Was daar vir besigheid. Het wel by Die Dros gaan eet."