Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3575 resensies.

Clarens, Malotiroete

Arundel Studios

"Baie lekker om jou dag in Clarence te spandeur. Mooi goed om te sien en lekker plekkies om by te eet en kuier."

Clarens, Malotiroete

Hannic's Retreat

"Heerlik, veilig, vakansie-atmosfeer met pragtige omliggende berge. 'n Tuiste vir die moeë mens wat van die stad af kom en net 'n paar dae wil ontglip van die gewoel van die stad."

Clarens, Malotiroete

Linwood Guest Farm

"Clarens sal altyd 'n besonderse plek in my hart hê - veral nou dat ek daar getrou het!"

Clarens, Malotiroete

Elsewhere

"We will return!"

Clarens, Malotiroete

Old Mill Drift Guest Farm

"Die juweel van die Vrystaat."

Fouriesburg, Malotiroete

Pumula Guest Farm

"Klein dorpie, lekker eet- en ontbytplekkie, Die Kombuis. Pragtige ligging."

Clarens, Malotiroete

Mt Horeb Manor

"Pragtige plekkie waar mens heerlik kan kuier!"

Clarens, Malotiroete

Fairview Cottages

"Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel."

Fouriesburg, Malotiroete

Fouriesburg Country Inn

"Lekker sentraal geleë, stil en rustige dorpie."

Clarens, Malotiroete

Larola Terraces

"Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier."

Clarens, Malotiroete

Views

"Heerlike kuierdorp."

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."

Fouriesburg, Malotiroete

Rustica Accommodation

"Gaan gerus na Windmill Pub & Grill toe."

Fouriesburg, Malotiroete

Uitzicht Private Nature Reserve and Game Lodge

"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."

Clarens, Malotiroete

Gypsy Wagons

"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"

Ficksburg, Malotiroete

The Woodpecker Guesthouse

"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."

Clarens, Malotiroete

Honeysuckle Clarens

"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."

Clarens, Malotiroete

Views

"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."

Clarens, Malotiroete

God's Gift Self-catering Cottage

"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."

Clarens, Malotiroete

Villa 176 @ Clarens

"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "

Clarens, Malotiroete

The Clarens Country House

"Eetplekke in dorp is topgehalte."

Malotiroete

The Cottage @ Umpukane

"Dis een van daai roetes waar jy wens die pad hou aan en aan. Natuur is beeldskoon."

Fouriesburg, Malotiroete

Emden Bass

"Ons was nie in Fouriesburg self nie. Omgewing is baie mooi!"

Clarens, Malotiroete

Mont Rouge

"Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan."

Clarens, Malotiroete

Clarens Mountain Sage Self-care

"Sien julle binnekort weer, ons kan maar net nie wegbly nie!"

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Clarens is 'n lieflike wegbreek, met klomp "hidden gems" orals, as jy net mooi soek."

Clarens, Malotiroete

Rooiberg View Clarens

"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Daar is net te veel om oor te gesels. Gaan net. Jy sal nie spyt wees nie."

Fouriesburg, Malotiroete

Lesoba Guest Farm

"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."

Blad
Blad 59 - Wys 1741 tot 1770
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang