Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"Die park kan gerus hulle grondpaaie beter in stand hou. Verder is dit 'n wonderlike vakansiebestemming. Ons het elke keer wat ons daar was, dit baie geniet."
"Graskop is 'n pragtige plekkie met baie aktiwiteite om te doen. Alles is naby mekaar geleë en daar is baie restaurante om van te kies."
"Die beste bestemming is gerieflik geleë en gaan ons beslis weer die area besoek omdat daar soveel besienswaardighede is."
"Was altyd 'n 5. Die paaie is in 'n baie slegte toestand. Dit is wel baie mooi. Bly my eerste keuse vakansiebestemming."
"Dullstroom is a great stop over or perhaps a mountain getaway. The towns restaurants and boutiques cater a tad too much for the yuppie sort."
"Omgewing is baie mooi - 'n fees vir die siel. Besigheid se eienaars passievol en vriendelik. "
"Pragtig, 'n moet besoek bestemming. Soveel om te doen wat naby aan Graskop geleë is soos Burke's Potholes (ongelooflik mooi), Lisbon Falls, Pelgrimsrus naby, Harry's Pancakes asook die local pub is 'n moet gedurende jou besoek."
"Dis 'n baie mooi, rustige buurt. Mens voel glad nie of jy in 'n stad is nie, maar tog is jy baie naby aan als."
"Baie in die natuur, met voëls wat jou wakker sing."
"Net Lydenburg omgewing tot Belfast is pad baie baie sleg met vol gate. Dit kan enige mense se karre skade aandoen en dit is so duur om reg te maak. Hoop die vol gate pad word binnekort regmaak. "
"Baie diere wat rond beweeg, definitief gemaak vir iemand wat van die bos hou, sal sonder twyfel weer Marloth Park to gaan."
"Gerieflik geleë naby baie besienswaardighede waarvan die Graskop Gorge Lift God's Window sekerlik van die mees gesogste is. Gerieflike afstand van Sabie, Pelgrimsrus en Hazyview. Ek sal definitief die Waffle Hut aanbeveel asook die outrides (inligting kan by Blue Swallow Chalets gekry word)."