Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6133 resensies.
"Die Lift Company reg langs Mogodi Lodge trek baie Gauteng-besoekers oor naweke en raak uitsonderlik besig, dan is die Graskop-toeriste-aantreklikhede ook oorval met mense. Volgens die plaaslike Graskop-inwoners, is dit tans baie stiller en aangenamer om die toeristeplekke gedurende die week te besoek as oor naweke."
"So lekker gekuier, diere wat so mak is het dit 'n wonderlike ervaring gemaak met klein kinders."
"Such a friendly and wonderful town. Loved the vibe and the friendly people and service."
"Tans is Marlothpark se grondpaaie bietjie in 'n slegte toestand vir 'n gewone voertuig, rybaar maar teen slakkepas."
"Behalwe vir die trokke wat in die aande daardeur jaag en die vreeslike baie loadshedding was alles lekker gewees."
"Die pad in en uit die dorp laat jou keel toe trek! Van die hoofpad af lyk dit heeltemal anders. Mooiste groot bome en pragtige tuine. Die hoofstraat doen skade!"
"Horse Shoe-watervalle en Bridal Veil-valle se pad is verskriklik lelik, baie slaggate. Maar as jy eers by die watervalle kom is dit so die moeite werd. Elephant Sanctuary in Hazyview is n belewenis, beslis elke sent werd."
"Fantastiese atmosfeer en heerlik gekuier. Die bos en alles in Marlothpark het sommer onder mens se vel ingekruip. Kan nie wag vir die volgende besoek nie."
"Our favourite destination within reasonable travel time from Johannesburg. Kingklip meal at Mrs Simpson of international standard. Harry's Pancakes up to its long-standing standards. Some of the shop assistants could have been more customer attentive, and less nonchalant."
"Marloth Park is die perfekte plek om te rus en saam geliefdes te spandeer. Baie diere en 'n pragtige omgewing."
"Die park self kort aandag en die paaie is op plekke regtig nie toeganklik nie. Ook konstruksie aan huise in die area raak steurend met tye. Die huis het dit wel die moeite werd gemaak."
"Marloth verbaas ons telke male met die vriendelike mense en rustige afskakel-atmosfeer."
"Die grondpaaie kort aandag. Die winkels het alles wat mens nodig het, heerlike en groot verskeidenheid roomyse wat baie bekostigbaar is."