Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
"Diere behoort nie gevoer te word nie, want mense voer hulle sommer enige iets te ete. Van die grondpaaie is in ’n swak toestand vir mense met motors."
"Om op 'n plaas net so klipgooi van Dullstroom se hoofstraat te bly, was nog altyd vir ons beter omrede dit stilte verskaf!"
"Pragtige dorpie om 'n dag of wat te verken. Wild about Whiskey 'n moet vir die whiskey- en gin-drinkers."
"Great spot if you have a family to be able to stay for longer at a fairly affordable price. We enjoyed our stay."
"Dullstroom baie vergroot en verander - ek het meer van die ou dorp gehou! Goeie wegbreek veral vir die omgewing en forelhengel. Goeie op-pad-na- êrens-oorblyplek."
"Steeds my nr. 1 blyplek as ons jaarliks die Wildtuin besoek. Die paaie is wel baie slegter as vorige jare en die winkels is maar duur, maar die slaghuise is oulik en goed geprys. Ons het steeds 'n heerlike tyd gehad!"
"Die pad oor Bethal na Middelburg was baie mooi. Maklik bereikbaar met GPS aanwysings."
"We've been going to Marloth Park for many years and this year was very sad to see that there's actually too many animals and not enough food. We fed them, but there should be enough trees and grass for animals to eat naturally. Marloth Park will have to do something seriously about it because it looked bad and might take many years to get the trees and plants in the right state. There were many spots that looked dead, dry and over grazed. I really hope this can be fixed. Very sad to see."
"By die Kruger. Heelwat verblyf geleenthede, winkels en ook restaurante."
"Marloth Park is altyd ’n lekker rusplek. Al wat ek nou sien is dat daar baie huise gebou word."
"Ideaal geleë vir besoek aan die Krugerwildtuin en omliggende areas. Tydens ons besoek is daar gedurende die nag by vriende se huis ingebreek asook nog 'n ander huis terwyl mense geslaap het. Enkele gevalle, maar miskien iets om in gedagte te hou."
"Straatligte in hoofstraat het glad nie gewerk nie. So dit was baie donker en het onveilig gevoel om 250 m te loop vanaf die restaurant na die verblyf."
"Dit is n spesiale plek en besonders. Selfs om nagapies so van naby te aanskou was wonderlik. Ons het selfs ’n bosbokfamilie met ’n baba gehad wat ons tuin besoek het."