Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Het familie en eeue oue familie plaas besoek, dus nie op toerisme gefokus, maar dit was duidelik dat Douglas soveel meer van hul besienswaardighede kan maak. Die wynverkope sentrum was baie goed. Al die restaurante wat ons besoek het, was van goeie kwaliteit met redelike diens. Maar die toerisme besienwaardighede kan beter bestuur word. Min inligting oor die argeologiese, geologiese en meer onlangse historiese geskiedenis van die dorp is beskikbaar vir toeriste. Die neus se terrein is in 'n baie verwaalose toestand; wou graag na die gleteser baan op die Douglas/Prieska-pad besoek en het afgedraai by die aanwysingsbord maar die pad is nie regtig begaanbaar, met die spilpunt, nie i.e. pad was onder water a.g.v. 'n ernstige lek van die pype en het verdwyn na 'n tyd, 'n elektriese draad was ook so na aan die pad dat dit ons dit nie wou waag om daar verby te skuur en moontlik te skok nie. Ons het omgedraai sonder om die gletser baan te siene te kry. "
"Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry."
"Dis 'n pragtige omgewing wat verken moet word. Ritte tussen die landerye, besoek aan Augrabies waterval en Riemvasmaak is vol verrassings. Dorpe soos Upington en Keimoes vertoon netjies en interessant, maar Kakamasdorp is 'n teleurstelling. Ek sê dit nie maklik nie want ek het daar grootgeword. Die strate is vuil en vol slaggate en die hoofbegraafplaas is verniel en 'n weiplek vir die buurt se bokke en donkies. Die munisipaliteit behoort hom te skaam! Die toeristekantoor in die historiese transmatorgebou was nie eens oop oor 'n naweek toe die omgewing gewemel het van die toeriste nie."
"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."
"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Maak net seker dat dit wat jy sien met die gastehuise is wat jy gaan kry dorpie self ware juweel."
"Dis 'n mooi dorpie met ou geboue wat baie geskiedenis bied. 'n Lekker halfpad oorslaap dorpie as mens vêr reis."
"Lovely quiet town. Best for relaxing holiday to get away from the hustle and bustle. Would recommend one or two shops to open that side. Also restaurants. Stunning place overall!"
"Die hoofpad vanaf die N7 is besaai met bottels en gemors en skep 'n swak indruk in 'n mooi omgewing. Die mense is egter vriendelik."
"Kleindorpie gevoel en weg van die stad se gejaagdheid. Vriendelike en rustige mense."