Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7918 resensies.
"Aanbeveling: 'n kaart van die gebied (insluitend paaie, besienswaardighede en telefoonnommers) sou handig te pas gekom het, aangesien ons ook Loeriesfontein en Calvinia wou besoek."
"Dis 'n lieflike dorp, maar dalk moet hulle die vleisfees skuif na 'n lang(er) naweek sodat mens dit kan bywooon (op die oomblik is dit net 'n gewone naweek). Oulike dorp met lieflike mense."
"Colesberg se grootste nadeel, wat veroorsaak dat jy nie deur die dorp wil beweeg nie, is die paaie wat in 'n haglike toestand is."
"Bonus was die Vanderkloof Dam wal wat oor loop, Vreeslik mooi gewees. Pragtige omgewing en natuurskoon."
"Baie eenvoudige, maar mooi klein Karoo dorpie, nie baie groot nie, maar nogtans stylvol en interessant."
"Springbok Lodge is the place where one can buy reading material, not so easily available in other bookshops."
"Lekker afgesonderde area - omtrent net vakansiegangers. Restaurante en winkels so 4 km weg in Port Nolloth."
"Die Plattelander was uitstekende keuse vir aandete. Dorp het baie geskiedkundige aanloopplekke."
"Ons het eintlik net oorgeslaap, maar ek kan sê dat Nineteen Eighty Nine Coffee Shop 'n plekkie is om te besoek. Die dorp se OK Grocer is uitstekend. Vars groente, gebak en enige iets wat jy mag nodig kry op een plek. "
"Nieuwoudtville self is nie toeriste-vriendelik nie, maar ry gerus na Loeriesfontein, Calvinia ens. Vat 'n paar grondpaaie. Stop en gesels."
"Kuruman is a buzzing town despite it's size. Even though the language is different, it felt as if I was at home, the people are beautiful and very helpful. Enjoyed taking a stroll through town and appreciated the presence of SAPS. "