Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3702 resensies.
Isabel L. - 28th June 2018
staying in Die Rand, Noord-Kaap
Baie goeie ligging, naby die Kalahari Mall en dorp, asook naby die hoofpaaie. Ook stil en rustig.
Mike S. - 28th June 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Interessante geskiedenis en geboue, en die Hantamhuis en die massiewe posbus is die moeite werd om te sien. Die museum met die ou lokomotief was ook baie interessant om te besoek.
Martha Wilhelmina J. - 28th June 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Pragtig! Netjies instandgehou.
Annali M. - 27th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
As jy nog nie daar was nie, gaan beslis veral tydens die winter. Wat 'n belewenis van ware Karoo gasvryheid en vriendelikheid.
Clayton R. - 27th June 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Not much to say. It's really only a stop over.
Rosline W. - 26th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Koud maar die moeite werd!
David G. - 26th June 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Nice town. Good restaurants.
Magda Kotze K. - 26th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Klein juweel.
Dylan S. - 26th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie still dorp maar vol gees.
Desmond M. - 26th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ons het per toeval op 'n fees afgekom in die dorp en dit het ons 'n kykie in die samestelling en mense verhouding van die gemeenskap gegee - 'n baie aangename ervaring.
Desmond M. - 26th June 2018
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Nie 'n dorp om lank te vertoef nie, maar dit was 'n aangename ervaring om die Noord-Kaap te verken.
Sanet R. - 25th June 2018
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Vriendelike dorpie. Baie netjies en skoon.
Albertus D. - 25th June 2018
staying in Die Rand, Noord-Kaap
Fantasties.
Vanessa H. - 25th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Cute little town with a visit to the Observatory is a must.
Christie B. - 25th June 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die Tauren is 'n restaurant wat 'n besoek werd is met heerlike goed voorbereide disse en topklas diens. Ons het ook die Springbok Inn besoek, maar behalwe dat dit baie mooi is nie getoets om dit te bepunt nie. 'n Baie woelige dorp veral oor 'n naweek.
Barry G. - 25th June 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Elke mens moet die wonder van Augrabies minstens een keer in die lewe sien en ervaar. Hier vind ek weer myself, keer op keer in die stilte wat jou ore seermaak.
Lindy C. - 25th June 2018
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Wonderlik om die rustigheid en skoon dorp te kon waardeer.
Willie S. - 25th June 2018
staying in Kathu, Noord-Kaap
Mooi wêreld met die pragtige kameeldoringbome oral. Beste gholfbaan in die land tussen pragtige kameeldoring plantasie. Kalahari klub goed toegerus en baie netjies.
Pablo K. - 24th June 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
We used this as a stopover to Namibia.
Amanda R. - 24th June 2018
staying in Noord-Kaap
Vir natuurmense wat nie bang is om ver van ander te wees op baie plekke nie is dit onverbeterlik.
Alta B. - 24th June 2018
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Vriendelike mense en heerlike droë vrugte!
Bessie C. - 22nd June 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Die Blou Nartjie restaurant!
Susan F. - 20th June 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Die mense is vriendelik en behulpsaam. Besoek gerus die koffiewinkel. Jy kry meer as net kliëntediens daar.
Marieke S. - 19th June 2018
staying in Noord-Kaap
'n Mens moet so elke nou en dan jou siel kom lawe onder die sterre en in die stilte.
Myron H. - 19th June 2018
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
It is very difficult to get around when you are unfamiliar with the area but the people are more than happy to lend a hand.
Yolandi P. - 19th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Elke mens moet ten minste een keer in hulle leeftyd die koue in Sutherland beleef! Dit is 'n ongelooflike ervaring wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Die starre is pragtig en dit lyk letterlik of jy aan die melkweg kan vat! Pak genoeg warm klere in, handskoene, mussies en baadjies is 'n moet!
Barney G. - 19th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die moeite werd om te besoek.
Annamie L. - 18th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sterrekyk by Jurg Wagener se Sterland is nie 'n opsie nie, dis 'n besliste moet doen! Die skaapskenkels by Cluster d'Hote is onverbeterlik!
Charl W. - 18th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die basiese dienste beskikbaar, tipies klein plattelandse dorpie.
Dougie D. - 18th June 2018
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie plekke om te bly, uit te eet en museums om te gaan sien. Ek wens iemand wil 'n ordentlike karavaan oornagkamp ontwikkel.
Rudolph D. - 15th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Great plek, lekker mense en mens kuier lekker hier.
Rudolph D. - 15th June 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Calvinia omgewing is pragtig, selfs in droeë tyd. Fantastiese mense en karakters wie almal baie vriendelik is. Daar kan baie gedoen word om dit vir toeriste aantreklik te maak, het selfs al Vleisfeeste bygewoon en heerlik gekuier en geëet.
Doreen A. - 14th June 2018
staying in Griekwastad, Noord-Kaap
The Mary Moffat Museum is very authentic and interesting. Proviand Coffee Shop was great, and Earth Treasures (stone arts and crafts) was well worth a visit. The town itself needs some refreshing, but it seems that people are now investing in it, so it is promising for the future.
Doreen A. - 14th June 2018
staying in Kathu, Noord-Kaap
Kathu het baie potensiaal. Aangenaam as 'n oorbly-dorp, met goeie stedelike geriewe. Die golfklub het 'n pragtige restaurant en omgewing.
Trudy S. - 13th June 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Baie mooi om die mooi Augrabiese Waterval te kon sien.
Susan E. - 13th June 2018
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
Dit was werklik 'n belewenis wat my lank sal bybly.
Wynand V. - 12th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Pragtige dorpie met meer om te bied as net sterre.
Steven B. - 12th June 2018
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Meer eetplekke sal aangenaam wees.
Theresa C. - 11th June 2018
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Hulle Spar is toe op 'n Sondag. Moet dus nie beplan om inkopies te doen nie!
Petrus O. - 11th June 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Het lekker gekuier, maar sal liefs nie weer dieselfde naweek daar wil deurbring as die bikers met hul karige klere en maniere daar kuier nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]