Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.

Keimoes, Noord-Kaap

De Akker Cottages

"Pragtige omgewing, 'n definitiewe moet vir 'n besoek."

Loeriesfontein, Noord-Kaap

Smurfs Den

"Buiten die Windpomp Museum, is daar nie veel aantrekkingskragte nie."

Springbok, Noord-Kaap

Liefland Cottages

"Dis 'n goeie wegspringplek vir baie geleenthede in die omtrek. Checkers is goed en die Springbok Cafe se boeke is uitsonderlik."

Springbok, Noord-Kaap

Sperrgebiet Lodge

"Dorp was sonder water."

Springbok, Noord-Kaap

Hananja Lodge and Restaurant

"Baie lekker gekuier, genoeg aktiwiteite."

Kathu, Noord-Kaap

Kudu Cottages

"Talle winkelsentrums. Het nie tyd gehad vir mynbesoek nie."

Keimoes, Noord-Kaap

1150 on Bain

"Ek maak seker om by Keimoes Padstal aan te gaan as ons net naby verbyry. Wat baie insiggewend sal wees by Keimoesgastehuise is statistiek en algemene agtergrond van die vrugte, wyn en boerderybedryf en sonkrag van die omgewing. Ek vermoed dit is indrukwekkend."

Loxton, Noord-Kaap

Karos Gastehuis

"Rustige dorp en ons het ons het teëspoed gehad met 'n venster wat op pad gebreek het en het koöperasie se mense ons gehelp om dit tydelik reg te maak. Uiters behulpsaam gewees."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Baie dankie vir die baie aangename verblyf!"

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Vori-Klip Accommodation

"Dis 'n pragtige plek, alhoewel dit afgesonder is. Mens kan Hondeklipbaai slegs bereik d.m.v 'n grondpad."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Wapad Gastehuis

"Die dames met die rooster en skuinskoeke is absoluut fantasties as jy Nieuwoudtville binnekom. Daarteenoor kan die Kinkel-Winkel se dames by hulle gaan leer oor vriendelikheid en behulpsaam wees. Ek sou graag blomsaad en bolle wou koop, dit word dan geadverteer as die blombol-wêreld, en tog was daar geen bolle of blomsaad te koop nie."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Die Pophuis Hoekie

"Daar is ongelukkig heelwat verval in die dorp sigbaar."

Warrenton, Noord-Kaap

Fish Eagle's Call

"Shocking to see the deterioration of the town."

Prieska, Noord-Kaap

Kol-In Selfsorg Eenheid

"Die dorp gee die indruk van verval."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Oudeklip Gastehuis

"Baie besonders en rustig. Daar is verbasend baie om te doen. Ons het net 2 dae oorgeslaap en was spyt dat ons nie langer daar gebly het nie."

Williston, Noord-Kaap

Karoo Huis

"Heerlik geëet by Manna Restaurant."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Baie goeie oorslaappunt."

Upington, Noord-Kaap

Oranjerus River Resort

"Die Oranjerivier se proelokaal is 'n baie lekker uitstappie, Saterdag die Upington Parkrun gedoen, baie mooi roete."

Carnarvon, Noord-Kaap

Maritza Guest House

"Ons het nie regtig tyd gehad om Carnavon self te besoek nie, net daardeur gery en geslaap. Dit lyk na 'n baie oulike, netjiese dorpie."

Springbok, Noord-Kaap

Herb Garden Restaurant & Accommodation

"Stunning flowers. If you go to Springbok for flowers you must go to Nababeep. They are amazing there."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Maak seker van die blomme as jy dit wil sien."

Calvinia, Noord-Kaap

Calvinia Magic Garden

"Vriendelike klein dorp."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Karoo Koelte Accommodation

"The Karoux Restaurant gave excellent service, even after closing time. ."

Carnarvon, Noord-Kaap

Die Meerkat

"Ons sou nou nie 'n week kon vertoef in Carnavon nie en die dorpie is maar klein, maar ons het heerlik oorgeslaap en uitgerus en het aandete in die hotel geniet. Daar was is nie voldoende fassiliteite in die dorp om ontbyt te eet nie en dit sou moes verbeter voor ek dit as 'n toeristebestemming kon beskryf."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Willemsrivier Trekpad Guest Houses and Wild Camping

"Ons is baie lief vir Nieuwoudtville en die omgewing daar. Awesome dorp met awesome mense"

Colesberg, Noord-Kaap

Mooifontein Farm

"Perfekte oornagstop!"

Williston, Noord-Kaap

Williston @ 21

"Regte Karoodorpie, mooi skoon."

Calvinia, Noord-Kaap

Calvinia Magic Garden

"Besondere netjiese en skoon plattelandse dorpie met alles wat jy nodig mag hê. Baie sentraal geleë t.o.v. alle besienswaardighede."

Blad
Blad 47 - Wys 1381 tot 1410
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang