Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16426 reviews.
Silversands, Escape From Cape Town
Sol y Sombra"Dis 'n pragtige area, met 'n lieflike ongerepte strand. Ek het as kind my Desember-vakansies daar deurgebring en dit is nog steeds na al die jare beeldskoon. Dis die perfekte plek om 'n strand-vakansie te hou as 'n mens nie hou van al die mense op 'n meer kommersiële strand nie."
Paternoster, Escape From Cape Town
Aloha 2"'n Bekoorlike vissersdorpie met 'n unieke karakter en wonderlike eetplekke. Hier kan jy rus en ontspan."
Robertson, Escape From Cape Town
50 White"'n Klad op Munisipaliteit en gemeenskap se naam dat die eens puik museum in Paul Kruger-straat die afgelope jare net 'n murasie en rommelhoop is en nie herbou word nie. Wingerde en boorde op die plase in die distrik is pragtig en 'n vreugde om te besigtig."
Stellenbosch Central, Escape From Cape Town
Eendracht Apartments"Die paaie is baie besig en smal, stap is jou beste opsie, daarom is verblyf wat sentraal is, baie gerieflik."
Langebaan, Escape From Cape Town
Catalina Cottage"Langebaan is a great get away from Cape Town. The wind is perfect for kite and wind surfing. The shops and restaurants are lovely and worth visiting. A holiday destination, you won't get tired of."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
SeeBries"Dit is rustig en mooi net wat mens nodig het om lekker te rus. "
Robertson, Escape From Cape Town
50 White"Quiet town with friendly people, minimal traffic problems."
"Must visit: The Taal Monument. The view from there is awesome. The strawberry shop has freshly picked strawberries at very reasonable prices. Babylonstoren is a must see. Delicious food at the garden restaurant. We will be back soon."
Hermanus, Escape From Cape Town
Haven of Peace & Garden Cottage"Walvisboot is gekanselleer alhoewel die wind en weer vir 'n mens perfek lyk is dit blykbaar 'n ander storie op die oop see, so weet dit net."
Worcester, Escape From Cape Town
Da Rooms Accommodation"My pa het familie gehad wat in Worcester gebly het en wou net weer 'n slag sien hoe dit daar lyk. Groot was my verrassing toe ek Trappestraat herken en ook die huis waar my pas se suster gebly het tot sy oorlede is 42 jaar gelede."
Tulbagh, Escape From Cape Town
House 22 Tulbagh Road"Ek het Tulbagh besoek omdat my ma daar groot geword het en my oupa en ouma daar begrawe is. Die omgewing met die berge en plase is pragtig. "
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Kaijaiki Country Inn and Restaurant"Netjiese en skoon dorp. Rustig in Oktober. Ideaal vir stedelinge wat wil wegbreek van die gewoel. "
Perlemoen Bay, Escape From Cape Town
Whale Sea"Dis 'n mooi en rustige omgewing, maar wees bedag op diefstal/inbrake! Gebruik alarms en laserstrale by die huis, dis daar met 'n rede!"
Velddrif, Escape From Cape Town
Netan-El Self-catering"Ek wil daar kom bly, regtig, dan altyd met vakansie wees."
"Dit was my heel eerste keer in Paarl. Ons was daar vir die Strongmansrun. Die dorp is so netjies en groen!"
Noree Valley, Escape From Cape Town
Tierhoek House & Cottage"if you like the mountains, this is stunning."
Elands Bay, Escape From Cape Town
Fork West Holiday Apartment - Top Floor Unit 2"Nie veel om te doen nie, maar kan beslis hier bly vir 'n dag of twee. "
Pringle Bay, Escape From Cape Town
620 Anne Road Pringle Bay"Heerlike sakesentrum met verskeie intieme restaurante. Gerieflik naby aan Kaapstad en lughawe. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Harmonie 1"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Roos Maryn"Jacobsbaai is 'n stil, rustige plek met sy eie rustige pas. Dit is nie 'n swemstrand nie, maar as jy visvang of net die rustigheid van die weskus wil ervaar is dit aan te beveel."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Sandkorrel"Jacobsbaai is 'n klein juweel. 'n Beter plek vir rus en ontspan sal jy nie kry nie."