Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.32 uit 5 gekry volgens 2877 resensies.
Bish A. - 15th October 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
It is such a great location. If you love the beach and all the nice places around it, it is definitely the place to be in Port Elizabeth. Nightlife is great and so much to do during the day time.
Sonja Van Klink C. - 14th October 2017
staying in Addo Elephant Park, Oos-Kaap
Ideale plek om van hieruit naar het Addo Elephant National Park te gaan, maar 10 minuten met de auto.
Estelle V. - 12th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Despite it being a fairly big town, it still had the old nostalgic and historical feel and offered many tourist activities, good food (including nice coffee shops).
Naomi C. - 11th October 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Iets uit 'n ander wêreld en die omgewing is asemrowend mooi!
Fanie D. - 10th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige omgewing. Sien ons beslis weer.
Ina D. - 10th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Vallei van verlatenheid is definitief 'n besoek werd. Vat jou kamera en stapskoene saam!
Johan S. - 10th October 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus.
Dirk V. - 10th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie om te sien! Die mense is warm en het 'n great storie!
Nicolene J. - 10th October 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid.
Wilna H. - 9th October 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Dis klein, maar skoon. Dis jammer dis net grondpaaie. Sal weer die plek besoek.
Mariaan O. - 9th October 2017
staying in King Williams Town, Oos-Kaap
Goeie stop op pad na jou bestemming.
Mariaan O. - 9th October 2017
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Die dorpie moet op almal se "bucket list" wees!
Marlyn L. - 9th October 2017
staying in Oos-Kaap
Nasionale paaie is meestal in 'n goeie toestand, maar sekondêre paaie en roetes deur dorpies is nie in goeie toestand nie. Reis met 'n vol tenk (en gebottelde drinkwater!) as jy nie op die hoofroetes gaan bly nie, want dorpies is ver uit mekaar en jou voorkeur vulstasie is dalk nie altyd beskikbaar nie. Port Alfred is n besoek werd. Die kleiner dorpies en-route bied nie werklik veel vir die besoeker, maar hier en daar is n besonder goeie padstalletjie met keurige maaltye in oulike restaurantjies en geskenke/produkte te kies en te keur ( bv voor én ná Ficksburg)
Antoinette P. - 9th October 2017
staying in Walmer, Oos-Kaap
Goeie ligging - alles wat jy nodig het is naby.
Claudia N. - 9th October 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
Fabulous!
Martin B. - 9th October 2017
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Stil en rustig.
Elizma D. - 9th October 2017
staying in Despatch, Oos-Kaap
Despatch is 'n baie mooi dorpie en al die mense is baie vriendelik daar.
William C. - 8th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
A trip to the Valley of Desolation was special.
Ben B. - 6th October 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
'n Groot pluim in die dorpie se hoed is die feit dat 'n mens en jou eiendom veilig is.
Jaco E. - 5th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorp met baie weggesteekte winkels vol verrassings.
Jeanne D. - 5th October 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Nieu-Bethesda is 'n stil dorpie waar mens lekker sal kan uitrus, en sien ons beslis weer. Daar is 'n winkel op die dorp wat basiese kruideniersware voorsien, asook 'n hele aantal restaurante en eetplekke wat ons nie by kon uitkom nie. Daar is selfs 'n pizza eetplek! Die 24 km teerpad na die dorp, aan Graaff-Reinet se kant, word aanbeveel, en is toeganklik met 'n sedan motor. Die laaste 5 km is wel grondpad, maar dis in 'n goeie toestand. Ry stadig sodra jy vanaf die grootpad afdraai en geniet die uitsig.
Ronel B. - 5th October 2017
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Dis baie stil en rustig!
Rene B. - 4th October 2017
staying in Oos-Kaap
Wonderlike natuurskoon! Stil en rustig! Geskiedkundig baie interessant.
Gys L. - 4th October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Baie waardevol vir 'n vinnige besoek.
Kobus P. - 4th October 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Die area is pragtig, absoluut die moeite werd om daar deur te reis. Maak net seker jy kom met 'n SUV of bakkie. want die pad is bietjie rof.
Werner M. - 3rd October 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Berg Kwagga Park, is 'n moet sien.
Jennifer C. - 3rd October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Camdeboo Park is definitely worth a visit.
Christo B. - 3rd October 2017
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Baie lekker rustige klein dorpie.
Adele J. - 3rd October 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Die mense daar werk hard om die historiese gevoel te behou, die NG Moederkerk was 'n hoogtepunt, net hartseer oor die vullis in die tuin en gebreekte gedenknaald. Sal graag meer tyd daar wil spandeer.
Ben B. - 2nd October 2017
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Verseker 'n bestemming om weer te besoek.
Henk P. - 1st October 2017
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Pragtige dorpie, netjies en skoon. By die vulstasie en kafee praat almal vriendelik Afrikaans, en voel jy sommer tuis. Tog is daar ook maar geweld.
Dan D. - 1st October 2017
staying in Cradock, Oos-Kaap
Cradock se inwoners is vriendelike mense en almal het ons gegroet maar die dorp het min aantrekkingskrag as gevolg van agteruitgang. Een dag se kuier was meer as genoeg vir ons.
Janine C. - 30th September 2017
staying in Joubertina, Oos-Kaap
Heerlike ontbyt by Joub geëet. Langkloof is pragtig.
Andre V. - 30th September 2017
staying in Humewood, Oos-Kaap
Netjies en skoon. Goeie restaurante.
Wilna B. - 29th September 2017
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Kan aanbeveel word net as jy bereid is om 60 km baie slegte grondpad te ry.
Heinrich B. - 26th September 2017
staying in Kareedouw, Oos-Kaap
Die mense in die dorp is baie vriendelik, asook die petroljoggies by die vulstasie oorkant. Al te lekker.
Andreas S. - 26th September 2017
staying in Addo Elephant Park, Oos-Kaap
Klein maar baie mooi park. Het baie olifante asook 'n klompie ander diere gesien.
Juan B. - 26th September 2017
staying in Bathurst, Oos-Kaap
Bathurst is 'n pragtige subtropiese dorpie met sy Victoriaanse boustyle, die gemeenskap se mense is baie vriendelik (klein handel). Die plantegroei en voëllewe is fantasties. Net 10 kilos van die see. Albei wêrelde in een gevat, seelewe en natuurlewe. Wat kan 'n mens meer vra, moeg vir die gewoel van Bathurst, dan gaan ons vir die dag by die see kuier.
Greg W. - 26th September 2017
staying in Addo, Oos-Kaap
Dis 'n onbekende juweel vir 'n toerus wat hou van in plekke te gaan rond ry en snuffel.
Christo H. - 26th September 2017
staying in Venterstad , Oos-Kaap
Baie min winkels. Lekker droëwors en chilli bites by die enigste slaghuis. Skoon dorp.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za